Genesis 10:21-32

Genesis 10:21-32 AFR20

En vir Sem, die ouer broer van Jafet, ook vir hom is seuns gebore. Hy was die stamvader van die hele nageslag van Heber. Die nageslag van Sem was Elam, Assur, Arpagsad, Lud en Aram. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Arpagsad het Selag verwek, en Selag het Heber verwek. Vir Heber is twee seuns gebore: die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan. Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Seba, Ofir, Gawila en Jobab verwek. Hulle almal was die nageslag van Joktan, en hulle woongebied het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar, die heuwelland in die ooste. Dit was dan die nageslag van Sem volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies. Dit was die grootfamilies van Noag se seuns volgens hulle familiegeskiedenis, volgens hulle nasies. Uit hulle het die nasies oor die aarde versprei ná die vloed.