GENESIS 12:3 - Compare All Versions

GENESIS 12:3 ABA (Bybel vir almal)

As iemand jou seën, dan sal Ek hom ook seën, en as iemand jou vervloek, dan sal Ek hom ook vervloek. Al die mense van die aarde sal jou naam gebruik om te bid dat Ek hulle moet seën soos Ek jou geseën het.”

GENESIS 12:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

GENESIS 12:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

GENESIS 12:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek sal hulle seën wat jou seën, maar wie jou verwens, sal Ek vervloek. En deur jou sal al die grootfamilies van die aarde geseënd wees. ”

GENESIS 12:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Ek sal seën die wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

GENESIS 12:3 DB (Die Boodskap)

“Wie vir jou goed is, sal Ek gelukkig maak. Wie jou sleg behandel, sal teëspoed ervaar. Oor jou sal dit met alle mense op aarde goed gaan.”

GENESIS 12:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. In jou sal al die mense op die aarde geseën word.”