Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HEBREËRS 12:12-13 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HEBREËRS 12:12-13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.

HEBREËRS 12:12-13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

HEBREËRS 12:12-13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak, en maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word.

HEBREËRS 12:12-13 DB (Die Boodskap)

Julle moet nie soos ’n klomp geestelike swakkelinge leef nie. Wees entoesiasties oor wat julle as Christene doen. Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar ’n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.

HEBREËRS 12:12-13 ABA (Bybel vir almal)

Julle is moedeloos, maar julle moet sterk glo. En julle moet aanhou om op die reguit pad te loop, dan sal die swak gelowiges wat vir julle volg, opstaan en doen wat God sê, hulle sal nie meer wees soos mense wat lam is nie.

HEBREËRS 12:12-13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarom, tel op die slap hande en die lam knieë, en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat lam is, nie dalk mag swik nie, maar eerder gesond kan word.

HEBREËRS 12:12-13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom, hef die afhangende hande en die swak knieë op; En maak reguit paaie vir julle voete, dat die kreupele nie uit die pad gedraai word nie; maar laat dit liewer genees word.