HEBREËRS 6:19-20
HEBREËRS 6:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos 'n anker wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was.
HEBREËRS 6:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.
HEBREËRS 6:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
HEBREËRS 6:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons het hierdie hoop as 'n veilige en stewige anker van die •siel, wat tot aan die binnekant van die voorhangsel ingaan. Dit is waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het, en Hoëpriester vir ewig geword het volgens die orde van Melgisedek.
HEBREËRS 6:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat ons hoop het as 'n anker van die siel, vas en vas, en wat ingaan in die binnekant van die voorhangsel; Waarheen die voorloper vir ons is, het ingegaan, ja, Jesus het vir ewig hoëpriester gemaak volgens die orde van Melgisédek.
HEBREËRS 6:19-20 Die Boodskap (DB)
Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke. Jesus, wat die pad na God vir ons oopmaak, is klaar daar ter wille van ons. Hy is mos ons Hoëpriester op dieselfde manier as wat Melgisedek ’n priester was.
HEBREËRS 6:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoofpriester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek.