Hebreërs 6:19-20

Hebreërs 6:19-20 ABA

Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos 'n anker wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was.