JESAJA 35:6
JESAJA 35:6 Die Boodskap (DB)
Die verlamde mense wat weer kan loop, sal rondhuppel en spring soos wildsbokke. Mense wat voorheen stom was, sal sing van blydskap. Die woestyn sal ’n paradys word met volop fonteine en riviere.
JESAJA 35:6 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal lam mense soos 'n takbok spring, en stom mense sal sing, want in die woestyn sal daar fonteine wees, en riviere wat vol water is.
JESAJA 35:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
JESAJA 35:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.
JESAJA 35:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal 'n verlamde spring soos 'n wildsbok, en die tong van 'n stomme sal jubel; want in die woestyn sal water uitbars, strome water in die Araba.