JESAJA 43:6-7
JESAJA 43:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir die mense in die noorde sê: Julle moet my volk teruggee! En Ek sal vir die mense in die suide sê: Julle moenie my volk vashou nie! Bring my seuns en my dogters van ver, van oral op die aarde. Bring elkeen wat Ek geroep het sodat hy aan My sal behoort, bring elkeen wat Ek gemaak het sodat hy My sal eer.”
JESAJA 43:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
JESAJA 43:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
JESAJA 43:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sê vir die noorde, ‘Gee!’ en vir die suide, ‘Moenie gevange hou nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af. Elkeen wat na my Naam genoem is – tot my eer het Ek hom geskep, hom gevorm, ja, hom gemaak.’ ”
JESAJA 43:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal vir die noorde sê: Gee op; en na die suide: Hou jou nie terug nie; bring my seuns van ver af en my dogters van die eindes van die aarde af; Selfs elkeen oor wie my Naam uitgeroep is, want Ek het hom tot my eer geskape, Ek het hom geformeer; ja, Ek het hom gemaak.
JESAJA 43:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek sal vir die noorde beveel om hulle terug te gee. Ek sal die suide belet om hulle terug te hou. Laat my seuns wat ver is, terugkom! Laat my dogters terugkom van die uithoeke van die aarde af waarheen hulle weggevoer is. Laat almal terugkom wat aan My behoort. Laat elkeen wat Ek gemaak het, terugkom om My te eer. Laat almal wat Ek geskep het en Myne gemaak het, terugkom.
JESAJA 43:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir die noorde sal Ek sê: ‘Gee terug!’ en vir die suide: ‘Moenie terughou nie!’ Bring my seuns van ver af en my dogters vanaf die verste uithoeke van die aarde, elkeen wat My as God erken, wat Ek tot my eer gemaak het, wat Ek gevorm en gemaak het.”