RIGTERS 20:18
RIGTERS 20:18 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het gereedgemaak en na Bet-El gegaan om vir God te vra wie eerste moet begin oorlog maak teen die Benjamin-mense. Die Here het gesê: “Die Juda-stam moet eerste gaan.”
RIGTERS 20:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste.
RIGTERS 20:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het na Bet-El toe gegaan en God daar geraadpleeg. Die Israeliete het gevra: “Wie van ons moet eerste optrek om teen Benjamin te gaan veg?” Die Here het geantwoord: “Juda moet eerste gaan.”
RIGTERS 20:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het gereedgemaak en na Bet-El opgeruk en God geraadpleeg. Die Israeliete het gevra: “Wie van ons moet eerste optrek vir die geveg met die Benjaminiete?” Die HERE het gesê: “Juda eerste!”
RIGTERS 20:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die kinders van Israel hulle klaargemaak en opgegaan na die huis van God en God raad gevra en gesê: Wie van ons sal eerste optrek na die geveg teen die kinders van Benjamin? En die HERE het gesê: Juda moet eerste optrek.