RIGTERS 5:1-9
RIGTERS 5:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing: “Manne in die land Israel het gereedgemaak vir die oorlog. Niemand het gesê dat hulle moet kom nie, hulle het self gekom. Prys die Here. Konings en almal wat belangrik is, julle moet luister. Ek wil vir die Here sing, ek wil musiek maak vir die Here, die God van Israel. Here, die aarde het geskud, en daar het water gedrup uit die wolke in die lug toe U uit die land Seïr gekom het, toe U gekom het uit die veld van Edom. Ja, die berge het gebewe voor die Here wat van Sinai-berg kom, die berge het gebewe voor die God van Israel. “In die tyd toe Samgar seun van Anat gelewe het, in die tyd van Jael, was dit te gevaarlik om op die paaie te loop, mense moes deur die veld loop. Niemand in die land Israel kon buite die stede woon nie totdat ek, Debora, gekom het om 'n ma te wees vir Israel. Die volk het ander gode gekies, en die oorlog het begin in die stede. Maar nie een van Israel se duisende soldate het 'n skild en 'n spies gevat om te veg nie. Ek is bly oor die leiers van Israel en die mense wat self besluit het om te kom. Prys die Here!
RIGTERS 5:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê: Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het — prys die HERE! Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing. HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup. Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel. In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan. Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het. Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel? My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk — prys die HERE!
RIGTERS 5:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam gesing: “Julle moet die Here prys, want leiers het opgetree in Israel, die volk het hulle aangemeld vir die oorlog. Luister, konings, gee aandag, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek prys die Here die God van Israel met my lied: Toe U uit Seïr gekom het, Here, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, het die hemel reën gegee: die wolke het strome water gegee. Die berge het weggesmelt voor die Here, voor Hom uit Sinai, voor die Here die God van Israel. “In die dae van Samgar seun van Anat, in die dae van Jael was die hoofpaaie stil, reisigers het ompaaie gebruik. Die lewe buite die stede het in Israel gekwyn en agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het, totdat 'n moeder in Israel na vore gekom het. Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het, het daar oorlog gekom, maar nie een uit Israel se duisende soldate het die wapen opgeneem nie. “Ek staan by die leiers van Israel, by dié wat hulle vrywillig aangemeld het. Julle moet die Here prys
RIGTERS 5:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag het Debora en Barak, seun van Abinoam, gesing: “Wanneer hare onversorg is in Israel, wanneer manskappe vrywillig aanmeld – prys die HERE! Luister, konings; gee aandag, regeerders! Ek, vir die HERE wil ek sing; ek wil die HERE, die God van Israel besing. HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U vooruit gestap het uit die gebied van Edom, het die aarde gebewe; selfs die hemel het gegiet, ja, die wolke het water gegiet. Berge het gevloei voor die HERE, die Een van Sinai, voor die HERE, die God van Israel. “In die tyd van Samgar, seun van Anat, in die tyd van Jael, was die paaie verlate, het dié wat op reis gaan die kronkelpaaie gevolg. Krygers het ontbreek; in Israel het hulle ontbreek, totdat jy, Debora, opgestaan het, totdat jy, 'n moeder in Israel, opgestaan het. Nuwe gode is gekies! Was daar toe vegters in die poorte? Was skild of steekspies te sien by veertigduisend in Israel? My hart is by die bevelvoerders van Israel, die vrywilligers onder die volk. Prys die HERE!
RIGTERS 5:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Debora en Barak, die seun van Abinoam, op dié dag gesing en gesê: Prys die HERE vir die wraak van Israel toe die volk hulle gewillig geoffer het. Hoor, o konings! luister, o vorste! Ek sal tot eer van die HERE sing; Ek wil psalmsing tot eer van die HERE, die God van Israel. HERE, toe U uit Seïr uitgetrek het, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, en die hemel het gedrup, en die wolke het ook water gedrup. Die berge het gesmelt voor die aangesig van die HERE, ja, die Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel. In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die snelweë onbewoon, en die reisigers het deur paaie geloop. Die inwoners van die dorpe het opgehou, hulle het opgehou in Israel, totdat ek, Debora, opgestaan het, dat ek as moeder in Israel opgestaan het. Hulle het nuwe gode gekies; dan was daar oorlog in die poorte; was daar 'n skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel? My hart is op die goewerneurs van Israel wat hulle gewillig onder die volk aangebied het. Loof die HERE.
RIGTERS 5:1-9 Die Boodskap (DB)
Op daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing: “Toe Israel se leiers voorloop, het die volk hulle vrywillig en met blydskap gevolg. Prys die Here! Luister, konings! Hoor mooi, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek eer die Here, die God van die Israeliete, met my lied. Here, toe U van die berge in Seïr af gekom het en oor die vlaktes van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe onder u groot krag en die hemel het reën gegee. Die water het in strome uit die wolke geloop. Die berge het gesmelt van vrees voor die Here van Sinai, voor die Here, die God van Israel. “In Samgar seun van Anat en in Jael se tyd het mense die hoofpaaie vermy, toe het reisigers eerder ompaaie gebruik. Die stede in Israel het leeggestaan, sonder inwoners, totdat Debora as ’n moeder vir Israel op die toneel verskyn het. Vroeër, toe die volk nuwe gode gekies het om te dien, het daar oorlog uitgebreek. Maar nie een van die volk se 40 000 soldate het wapens gegryp om te veg nie. “Nou skaar ek my aan die kant van die ware leiers van Israel en by dié wat vrywillig kom help veg het. Loof die Here!
RIGTERS 5:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Debora en Barak, die seun van Abinoam, het daardie dag ’n lied gesing: “Prys die HERE! Israel se leiers het opgetree, die volk het hulle kom aanmeld vir oorlog. “Luister, konings, spits julle ore, regeerders! Ek sing vir die HERE, ek prys die HERE, die God van Israel, met my lied. “HERE, toe U opgetrek het en deur die veld van Edom marsjeer het, het die aarde gebewe, reën het uit die lug gestort, wolke het strome water gegiet. Die berge het ineengekrimp voor die HERE, Sinai voor die teenwoordigheid van die HERE, God van Israel. “In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, het die hoofpaaie stil geword, reisigers het afgedraai op die kronkelpaadjies. Israel se platteland het ontvolk geraak, dit het agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het, ’n moeder wat in Israel opgestaan het. Die volk het nuwe gode vir hulle gekies, daar het toe oorlog in die stadspoorte losgebreek. Geen spies of skild was te sien onder Israel se 40 000 soldate nie. “My hart bloei vir die leiers van Israel, vir die vrywilligers van die volk. Prys die HERE.