JEREMIA 11:20
JEREMIA 11:20 Bybel vir almal (ABA)
Here, U wat oor alles regeer, U is die Regverdige Regter, U weet wat mense dink. U moet vir my wys dat U my vyande straf, want ek het vir U vertel wat hulle gedoen het.
JEREMIA 11:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, Almagtige, regverdige Regter, wat hart en verstand toets, laat my sien hoe U op hulle wraak neem, want ek het my saak aan U toevertrou.
JEREMIA 11:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar HERE, Heerser oor alle magte, regverdige Regter wat hart en niere toets, laat ek u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
JEREMIA 11:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar, HERE van die leërskare, wat regverdig oordeel, wat die niere en die hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak bekend gemaak.
JEREMIA 11:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.