JEREMIA 17:10
JEREMIA 17:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
JEREMIA 17:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar Ek, die Here, sien wat mense dink en wat hulle wil doen, en Ek straf hulle oor wat hulle doen.
JEREMIA 17:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.
JEREMIA 17:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek, die HERE, deursoek harte en toets niere, om elkeen te vergeld volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade.”
JEREMIA 17:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek, die HERE, deursoek die hart, Ek toets die niere, om aan elkeen te gee volgens sy weë en volgens die vrug van sy handelinge.
JEREMIA 17:10 Die Boodskap (DB)
Maar Ek is die Here, Ek weet! Ek ondersoek ’n mens se hart en gedagtes. Ek weet wat elkeen se motiewe is. Ek kyk na wat elkeen gedoen het en dan betaal Ek hulle wat hulle behoort te kry.