JOHANNES 18:10
JOHANNES 18:10 Bybel vir almal (ABA)
Simon Petrus het 'n swaard by hom gehad. Hy het dit uitgeruk en hy het 'n slaaf van die hoëpriester daarmee gekap. Hy het die slaaf se regter-oor afgekap. Die slaaf se naam was Malgus.
JOHANNES 18:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Simon Petrus wat 'n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.
JOHANNES 18:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simon Petrus het 'n swaard by hom gehad. Hy ruk dit toe uit, slaan daarmee na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus.
JOHANNES 18:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simon •Petrus het toe 'n swaard wat hy gedra het, getrek en na die hoëpriester se slaaf geslaan en sy regteroor afgekap. Die slaaf se naam was Malgus.
JOHANNES 18:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Simon Petrus met 'n swaard dit getrek en die dienaar van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. Die dienaar se naam was Malgus.