JOSUA 21:43
JOSUA 21:43 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir die Israeliete die land gegee wat Hy vir hulle voorvaders belowe het. Die Israeliete het die land gevat en hulle het daar gaan woon.
JOSUA 21:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.
JOSUA 21:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.
JOSUA 21:43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het aan Israel die hele land gegee wat Hy beloof het om aan hulle voorvaders te gee. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.
JOSUA 21:43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed beloof het om aan hulle vaders te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gewoon.