JOSUA 24:31 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JOSUA 24:31 AFR83 (Afrikaans 1983)

Israel het die Here bly dien tydens die lewe van Josua en tydens die lewe van die leiers wat vir Josua oorleef het en alles ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het.

JOSUA 24:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.

JOSUA 24:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Israel het die HERE bly aanbid solank Josua geleef het en ook in die tyd van die leiers wat langer as Josua bly leef het. Hulle het alles ervaar wat die HERE vir Israel gedoen het.

JOSUA 24:31 DB (Die Boodskap)

Gedurende Josua se leeftyd het Israel die Here bly dien. Na sy dood het hulle dit nog bly doen terwyl die leiers, wat alles self ervaar het wat die Here vir hulle gedoen het, nog geleef het.

JOSUA 24:31 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl Josua gelewe het, het die Israeliete die Here gedien. Hulle het aangehou om Hom te dien, ook toe die leiers gelewe het wat geweet het wat die Here vir die Israeliete gedoen het.

JOSUA 24:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Israel het die HERE gedien gedurende Josua se leeftyd, en gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het en al die dade van die HERE geken het wat Hy vir Israel gedoen het.

JOSUA 24:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat Josua oorleef het en al die wee geken het.