JUDAS 1:24-25
JUDAS 1:24-25 Bybel vir almal (ABA)
God is baie sterk. Hy gebruik sy krag om julle op te pas sodat julle nie sal val en sonde doen nie. Hy kan julle laat staan voor Hom, die Koning, en julle sal sonder sonde wees. Julle sal baie bly wees. Ons behoort aan Jesus Christus, ons Here. Daarom moet ons vir God, ons Redder, prys. Net Hý is God, Hy is die Koning. Hy is baie sterk en Hy regeer van die tyd voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy regeer nou en vir altyd en altyd. Amen.
JUDAS 1:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.
JUDAS 1:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.
JUDAS 1:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel, aan die enigste God, ons Verlosser, deur Jesus •Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. •Amen.
JUDAS 1:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar en julle onberispelik voor die aangesig van sy heerlikheid te stel met groot blydskap, Aan die enigste wyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, heerskappy en mag, nou en altyd. Amen.
JUDAS 1:24-25 Die Boodskap (DB)
Ons dien ’n wonderlike God. Hy is baie sterk. Hy kan sorg dat julle nooit in die sonde val nie. Hy kan julle beskerm sodat julle veilig by Hom in sy nuwe wêreld aankom, vol vreugde en met lofliedere in julle hart sodat julle sy grootheid vir altyd kan beleef. Aan die enigste ware God, ons Redder deur Jesus Christus, ons Here, behoort al die hemelse glorie en koningskap, die krag en die mag van altyd af, maar ook vandag en môre - ja, tot in die verste ewigheid. Vir seker! Amen.
JUDAS 1:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor sy heerlike teenwoordigheid stelling te laat inneem, aan die ewige God, ons Verlosser op grond van wat Jesus Christus vir ons gedoen het, behoort die heerlikheid, die grootheid, die krag en die mag van altyd af, ook nou en vir altyd. Amen.