KLAAGLIEDERE 1:18
KLAAGLIEDERE 1:18 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem het geskree: “Die Here het reg gedoen, want ek was opstandig teen Hom. Volke, julle almal moet luister, julle moet kyk hoe sleg gaan dit met my. My jongmeisies en my jongmanne moes weggaan, hulle is gevangenes.
KLAAGLIEDERE 1:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sade. Regverdig is Hy, die HERE, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.
KLAAGLIEDERE 1:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het reg gedoen: ek was ongehoorsaam aan sy woord. Luister tog, alle volke, aanskou my smart: my jong vroue en jongmanne het ballinge geword.
KLAAGLIEDERE 1:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Regverdige is die HERE; ja, ek het teen sy woord gerebelleer. Luister tog, alle volke, en sien my smart raak; my jong vroue en jong manne het in ballingskap gegaan.
KLAAGLIEDERE 1:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is regverdig; want ek het in opstand gekom teen sy gebod.