LEVITIKUS 13:29-59

LEVITIKUS 13:29-59 Afrikaans 1983 (AFR83)

“Wanneer daar 'n seerplek is aan die kop van 'n man of 'n vrou of in die baard van 'n man, moet die priester dit ondersoek. As dit lyk of die kwaad dieper is as die vel en as die hare daarop geel en donserig is, moet die priester die persoon onrein verklaar. Dit is 'n skurfsiekte, 'n velsiekte aan die kop of gesig, waardeur die persoon onrein gemaak word. As die priester egter sien dat die skurfsiekte nie dieper is as die vel nie, maar dat die hare daarop tog nie 'n gesonde kleur het nie, moet hy die persoon met die skurfsiekte 'n week lank afsonder. Op die sewende dag moet die priester weer die seerplek ondersoek. As die skurfsiekte nie versprei het nie, die hare daarop nie geel is nie en dit nie dieper lyk as die vel nie, moet al die hare afgeskeer word behalwe dié waar die skurfsiekte is. Daarna moet die priester die persoon nog 'n week afsonder. Op die sewende dag moet die priester die skurfsiekte weer ondersoek. As dit nie versprei het in die vel nie en dit lyk nie dieper as die vel nie, moet die priester die persoon rein verklaar. Nadat hy sy klere gewas het, sal hy rein wees. As daar egter enige verspreiding van die skurfsiekte voorkom nadat die persoon rein verklaar is, moet die priester hom weer ondersoek. As dit duidelik is dat die skurfsiekte versprei het op die vel, hoef die priester nie eens te kyk of daar geel hare is nie. Die persoon is onrein. As die priester later sien dat die skurfsiekte nie versprei het nie en dat daar gesonde hare op groei, is dit 'n teken dat die plek genees het en dat die persoon rein is. Die priester moet hom dan ook rein verklaar. “As 'n man of 'n vrou êrens aan die lyf wit vlekke het, moet die priester dit ondersoek. As die vlekke op die vel bleekwit vertoon, is dit gewone velverwitting waaraan die persoon ly. Hy is rein. “Iemand wie se hare uitval sodat sy kop kaal word, is nie daarvan onrein nie. Ook wanneer net die hare op sy voorkop uitval, sodat sy kop daar kaal word, is hy nie onrein nie. As daar egter 'n rooierige ontsteekte plek verskyn waar sy kop kaal raak, is dit 'n teken dat hy aan sy kopvel 'n velsiekte het wat hom dalk onrein maak. Die priester moet die persoon dan ondersoek. As die simptome dieselfde is as dié van 'n velsiekte aan die lyf, wat 'n mens onrein maak, naamlik 'n rooierige swelsel, het die man inderdaad so 'n velsiekte. Hy is onrein en die priester moet nie huiwer om die man onrein te verklaar nie. Die kwaad is in sy kopvel. “Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly.” “As daar 'n kol skimmel is op 'n kledingstuk, of op garing of materiaal van linne of wol, of op vel of enige velartikel, en die skimmel het 'n groenerige of rooierige kleur, kan dit skadelike skimmel wees, en moet dit aan die priester gewys word. Die priester moet die kol ondersoek en die artikel met die skimmel 'n week lank eenkant sit. Op die sewende dag moet hy dit weer ondersoek. As die kol op die kledingstuk of garing of materiaal of velartikel groter geword het, is dit skadelike skimmel. Dit is onrein. Die ding waarop die kol skadelike skimmel is, die wol, linne of vel, moet sonder meer in die vuur gegooi en verbrand word. Maar as die priester sien dat die kol nie groter geword het nie, moet hy beveel dat die artikel met die skimmel gewas word. Daarna moet hy dit nog 'n week eenkant sit. As die priester dan, nadat dit so behandel is, sien dat die kleur van die kol nie verander het nie, is dit onrein, ook al het die kol nie groter geword nie. Dit moet verbrand word. Dit maak nie saak of die bederfde plek aan die voor- of aan die agterkant is nie. As die priester egter sien dat die kol dowwer van kleur is 'n week nadat die artikel gewas is, moet hy die kol uitskeur uit die kledingstuk, die vel, die garing of die materiaal. As daar dan weer 'n kol verskyn, is dit 'n teken dat die skimmel nog daar is. So 'n artikel moet verbrand word. 'n Kledingstuk, garing, materiaal of 'n velartikel waarvan die skimmel verdwyn het nadat dit gewas is, moet 'n tweede keer gewas word, dan is dit rein.” Die voorafgaande is die voorskrifte waarvolgens bepaal moet word of klere, garing en materiaal van wol of linne, en velartikels rein of onrein is wanneer daar skimmel op is.

LEVITIKUS 13:29-59 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Wanneer 'n man of 'n vrou 'n aangetaste plek op sy of haar kop, of in sy baard het, en die priester ondersoek die aangetaste plek en vind dat dit dieper lyk as die vel, en dat daar geel, dun hare op is, moet die priester die persoon onrein verklaar. Dit is 'n uitslag, velsiekte van die kop of baard. Maar indien die priester die aangetaste plek van die uitslag ondersoek en hy vind dit lê nie dieper as die vel nie en daar is nie swart hare op nie, moet die priester die aangetaste persoon met die uitslag sewe dae lank afsonder. As die priester die aangetaste persoon op die sewende dag ondersoek en vind die uitslag het nie versprei nie, daar is nie geel hare op nie en die uitslag lê nie dieper as die vel nie, moet die persoon hom skeer. Die plek waar die uitslag is, moet hy egter nie skeer nie. Die priester moet die persoon met die uitslag dan weer sewe dae lank afsonder. As die priester die persoon met die uitslag op die sewende dag ondersoek en vind dat die uitslag nie in die vel versprei het nie en nie dieper as die vel lê nie, moet die priester hom rein verklaar. Hy moet sy klere was. Dan is hy rein. As die uitslag dan wel in die vel versprei nadat hy rein verklaar is, en die priester ondersoek dit, en vind die uitslag het versprei in die vel, hoef die priester nie te soek vir geel hare nie. Hy is onrein. Maar as die uitslag volgens sy waarneming dieselfde gebly het en daar groei swart hare op, het die uitslag genees. Hy is rein en die priester moet hom rein verklaar. “Wanneer daar ligte vlekke, wit vlekke op die liggaam van 'n man of vrou is, en die priester dit ondersoek en vind dat daar op die vel dowwe wit ligte vlekke is, is dit velverwitting wat op die vel uitslaan. Die persoon is rein. “Wanneer 'n man se hare bo-op sy kop uitval, raak hy maar net bles. Hy is rein. As die hare aan die voorkant van sy kop uitval, raak sy voorkop kaal. Hy is rein. Wanneer daar egter op sy bles of kaal voorkop 'n bleekrooi aangetaste plek is, is dit dalk velsiekte wat op sy bles of kaal voorkop uitslaan. As die priester hom ondersoek en vind dat die swelsel van die bleekrooi aangetaste plek op sy bles of kaal voorkop lyk soos velsiekte op die lyf, is dit 'n man met velsiekte; hy is onrein. Die priester moet hom beslis onrein verklaar. Dit is op sy kop waar hy aangetas is. “Iemand wat velsiekte êrens aan hom het, se klere moet geskeur wees, sy hare moet los hang en hy moet sy snor bedek. ‘Onrein! Onrein!’ moet hy uitroep. So lank as wat hy die velaandoening het, sal hy onrein wees; hy is onrein. Hy moet eenkant woon. Sy blyplek moet buite die kamp wees.” “Wanneer daar op 'n kledingstuk 'n mufkol verskyn, of dit nou 'n kledingstuk van wol of linne is, óf op die skering en inslag van linne en wol wat geweef word, óf op leer of enige gebruiksartikel van leer, en die besmetting op die kledingstuk, die skering en inslag, leer of enige leerartikel, is groenerig of rooierig, is dit met skimmel besmet. Dit moet vir die priester gewys word. Die priester moet die besmette artikel ondersoek en dit sewe dae lank afsonder. Hy moet op die sewende dag die besmette artikel ondersoek. Indien die besmetting versprei het op die kledingstuk, die skering en inslag of op die leer, waarvoor die leer ook al daagliks gebruik word, is die besmetting skadelike skimmel. Dit is onrein. Hy moet die kledingstuk, die skering en inslag van wol of linnestof, of enige leerartikel waarop die besmetting is, verbrand omdat dit skadelike skimmel is. Met vuur moet dit verbrand word. “As die priester dit egter ondersoek en vind dat die besmetting nie op die kledingstuk, skering en inslag of enige leerartikel versprei het nie, moet hy opdrag gee dat die artikel waarop die besmetting is, gewas word. Hy moet dit dan weer sewe dae lank afsonder. As die priester die besmette artikel ondersoek nadat dit gewas is en hy vind dat die besmetting volgens sy waarneming nie verander het nie, is dit onrein, al het dit nie versprei nie. Met vuur moet jy dit verbrand. Dit is swambesmetting, of dit nou aan die voor- of agterkant is. Maar as die priester dit ondersoek en vind dat die besmetting dof is nadat dit gewas is, moet hy dit uitskeur uit die kledingstuk, die leer of die skering en inslag. As dit egter weer verskyn op die kledingstuk, die skering en die inslag, of enige leerartikel, het dit hervat. Met vuur moet jy die artikel waarop die besmetting is, verbrand. Die kledingstuk, die skering en inslag of enige leerartikel wat jy gewas het en waaruit die besmetting verdwyn het, moet 'n tweede keer gewas word. Dit is dan rein. “Dit is die voorskrifte oor hoe om iets wat met skimmel besmet is, 'n kledingstuk van wol of linne, die skering en inslag van weefwerk of enige leerartikel, rein of onrein te verklaar.”

LEVITIKUS 13:29-59 Die Boodskap (DB)

“Wanneer ’n man of ’n vrou ’n seer teen die kop het of teen die ken en dit vir die dienaar lyk of dit dieper as die vel is en daar koperkleurige dun haartjies in die wond is, moet hy die persoon wegstuur. Dit is ’n kwaai velsiekte van die kop of die ken. Wanneer hy die veluitslag ondersoek en dit lyk vir hom of dit nie dieper as die vel is nie en daar is nie swart haartjies in die wond nie, moet hy die geval met die velaandoening vir sewe dae in isolasie plaas. Wanneer hy weer op die sewende dag na die uitslag kyk en dit nie lyk of dit versprei het nie, die hare daarin nie koperkleurig geword het nie en dit nie dieper as die vel geword het nie, moet die persoon se hare afgeskeer word. Die hare in die aangetaste deel moet egter net so bly. Die dienaar sonder die persoon vir nog sewe dae af. Op die sewende dag bekyk hy weer die veluitslag en as dit nie verder oor die vel versprei het nie en dit nog steeds nie dieper as die vel lyk nie, verklaar hy dat die persoon aanvaarbaar is. Die persoon gaan was sy klere en gaan weer terug na sy huis. As die uitslag hervat het en weer begin versprei het nadat die persoon geskik verklaar was, moet die dienaar weer daarna kyk. As dit verder oor die vel begin versprei het, hoef hy nie nog eers te soek na hare wat verkleur het nie - die persoon is in elk geval onaanvaarbaar. Wanneer hy egter besluit dat die uitslag opgehou het en begin gesond word, omdat daar geen swart haartjies uitgekom het nie, is die persoon reg en mag hy weer teruggaan na die ander mense toe. “Wanneer ’n man of ’n vrou oral ligte kolle op die lyf begin kry, moet hy of sy na die tent toe gaan vir ’n ondersoek. As die uitslag baie lig van kleur is, is dit maar net onskadelike vlekke wat op die vel ontwikkel het. Die persoon is aanvaarbaar. “As iemand se hare begin uitval en hy word bles, is hy nog steeds aanvaarbaar. Selfs as hy sy kuif verloor en net op sy voorkop bles word, is hy nog steeds aanvaarbaar. Wanneer daar egter op sy kaal voorkop of agter op sy bles ’n rooierige uitslag verskyn, het hy ’n velsiekte op sy kop. Die dienaar moet dit ondersoek. As daar ’n rooierige uitslag op sy kop is wat soos ’n velsiekte lyk, is hy aangetas en moet hy homself beslis uit die gemeenskap verwyder. Die dienaar moet uitdruklik verklaar dat die seer op sy kop hom onaanvaarbaar vir die gemeenskap gemaak het. Die persoon wat met die velsiekte aangetas is, moet stukkende klere dra en nie sy hare kam of was nie. Hy moet die onderkant van sy gesig met iets toemaak en uitroep: ‘Ek mag nie by ander mense bly nie, ek mag nie in aanraking kom met ander mense nie!’ So lank as wat hy die velsiekte het, moet hy eenkant gaan bly. Hy moet alleen buitekant die kamp in sy eie blyplek bly.” “Wanneer daar muf op klere kom, of die klere nou van wol of linne gemaak is, of die muf nou voorkom in die garing van die linne of op wol of op leer of enigiets wat van leer gemaak is en daardie mufplek op die klere is vaalgroen of rooierig, kan dit gevaarlik wees. Dit moet vir die dienaar by die tent gewys word. Hy moet baie goed na die mufkol kyk en die ding waarop dit is vir sewe dae gaan wegbêre. Op die sewende dag moet hy dit gaan haal en weer daarna kyk. As die muf op die klere, of in die garing, of die materiaal, of op die ding wat van leer gemaak is, in daardie tyd meer geword het, is dit besmetlike muf. Dit moet verwyder word. Hy moet die klere, of garing, of materiaal van wol of linne of leer waarop dit voorkom, in die vuur verbrand. Dit is gevaarlike muf. Wanneer hy egter daarna kyk en sien dat dit nie meer geword het nie, moet hy die klere laat was en vir nog sewe dae eenkant hou. As hy daarna sien dat die muf nog steeds nie verdwyn het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit ook nie meer geword nie, moet dit weggegooi word. Dit moet in die vuur verbrand word. Dit is heeltemal besmet, of dit nou net aan die bo- of net aan die onderkant is. As hy egter sien dat die mufkol ligter geword het nadat dit gewas is, moet hy die gedeelte waarop die mufkol is, uitskeur uit die klere, of die vel, of die garing, of die materiaal. As daar weer ’n kol op die klere of in die garing, of die materiaal of die leer kom, het die muf weer begin groei. Die klere waarop dit voorkom, moet in die vuur verbrand word. Wanneer dit verdwyn van die klere of garing of materiaal of leer na dit gewas is, moet dit egter nog ’n keer gewas word. Dit kan dan weer gebruik word. “Dit is dan die aanwysings vir muf op klere, in garing, of op materiaal van wol of linne en leerartikels om vas te stel of dit gedra kan word en of dit verbrand moet word.”

LEVITIKUS 13:29-59 Bybel vir almal (ABA)

“'n Persoon het miskien 'n seerplek aan sy kop of in sy baard. Die priester moet kyk na die seerplek, en as die seerplek dieper is as die vel, en daar is geel, fyn haartjies op die seerplek, dan moet die priester sê die persoon is onrein. Maar as die priester na die seerplek kyk, en dit lyk of die seerplek nie dieper is as die vel nie, maar daar is nie swart hare in die seerplek nie, dan moet die priester die persoon wat die seerplek het, sewe dae lank toesluit. Die priester moet op die sewende dag weer kyk. As die seerplek nie groter geword het nie, en daar is nie geel hare in die seerplek nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie, dan moet die persoon sy hare en sy baard afskeer, maar hy moenie die hare in die seerplek afskeer nie. Die priester moet die persoon dan weer sewe dae lank toesluit. As die priester op die sewende dag weer na die seerplek kyk, en die seerplek het nie groter geword nie en die seerplek is nie dieper as die vel nie, dan moet die priester sê die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was. Hy is rein. Wanneer die seerplek groter word nadat die priester gesê het die persoon is rein, dan moet die priester weer na hom kyk. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester nie ook kyk of die hare geel is nie. Hy weet dan dat die persoon onrein is. Maar as die priester sien die seerplek het nie groter geword nie en daar het swart hare gegroei op die seerplek, dan is dit gesond. Die persoon is rein, en die priester moet sê die persoon is rein. “As daar wit vlekke op 'n persoon se vel is, dan moet die priester daarna kyk. As hy sien die wit vlekke is dof, dan is dit nie 'n ernstige velsiekte nie, die persoon is rein. “Wanneer 'n persoon se hare uitval en hy word kaalkop, dan is hy nog rein, en as die hare op sy voorkop uitval en hy word bles, dan is hy nog rein. Maar as daar op die kaal kopvel 'n seerplek is wat pienk is, dan is dit miskien melaats. Die priester moet daarna kyk, en as hy sien die seerplek op die kaal kopvel is geswel en pienk soos wanneer die vel melaats is, dan is die persoon melaats. Daar is 'n seerplek op sy kop, en hy is onrein. Die priester moet sê die persoon is onrein. “Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’ Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.” “Daar kom miskien kolle op wolklere of op linne-klere, of op materiaal, of op iets wat gemaak is van vel. As daardie kolle groen of rooi is, dan is dit skimmel. Die priester moet daarna kyk. As die priester daarna gekyk het, dan moet hy die klere of materiaal of ding van vel sewe dae lank toesluit. As hy op die sewende dag sien die kolle het meer geword, dan is dit slegte skimmel, en die klere of materiaal of die ding van vel is onrein. Die priester moet die klere of materiaal of die ding van vel verbrand, want dit is slegte skimmel. Maar as die priester sien die kolle daarop het nie meer geword nie, dan moet die priester sê die persoon moet sy klere of materiaal of ding van vel was, en hy moet dit weer sewe dae lank toesluit. As die priester dan sien dat die kolle nie meer geword het nie maar dat dit nog dieselfde lyk, dan is die klere of materiaal of die ding van vel onrein, en hy moet sê dat die persoon dit moet verbrand. Dit maak nie saak of die kolle buite of binne op die klere of materiaal of die ding van vel was nie. Maar as die persoon dit gewas het, en die priester sien dat die kolle dof geword het, dan moet die priester die stuk waarop die kolle is, uitskeur. As daar dan weer kolle kom op die klere of die materiaal of op die ding van vel, dan moet die persoon dit verbrand. As die persoon dit gewas het en daar is nie meer kolle op nie, dan moet die persoon dit weer was, dan is dit rein. Dit is wat moet gebeur wanneer daar kolle is op klere van wol of linne of op materiaal of op iets van wat van vel gemaak is. Die priester moet dan sê of dit rein of onrein is.”

LEVITIKUS 13:29-59 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Verder, as daar by 'n man of vrou 'n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is, en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard. Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit. Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie, dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog 'n keer sewe dae lank opsluit. Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees. Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is, en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein. Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar. Verder, as 'n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het, en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein. En as 'n man se hoof kaal word, is hy 'n kaalkop; hy is rein. En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy 'n bles; hy is rein. Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles. As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees, dan is hy 'n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag. Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein! Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees. Verder, as daar in 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne; of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk; en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien. Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit. Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; so iets is onrein. Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word. Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie, dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog 'n keer sewe dae lank opsluit. As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter- of aan die voorkant. Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur. Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit 'n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand. Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was — as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog 'n keer gewas word, en dit sal rein wees. Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.

LEVITIKUS 13:29-59 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

As 'n man of vrou 'n plaag op die kop of die baard het; Dan sal die priester die plaag sien, en kyk, as dit dieper as die vel in sig is; en daarin is 'n geel dun haar; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is 'n droë skurfte, 'n melaatsheid op die kop of baard. En as die priester die plaag van die skurfte sien en kyk, dit is nie dieper as die vel in sig nie, en daar is geen swart hare in nie; dan moet die priester hom wat die plaag van die skurfte het, sewe dae lank toesluit. En op die sewende dag moet die priester die plaag bekyk, en kyk, as die skurfte nie versprei het nie en daar geen geel hare daarin is nie, en die skurfte nie dieper as die vel in sig is nie; Hy sal geskeer word, maar die skurfte mag hy nie skeer nie; en die priester moet hom met die skurfte nog sewe dae lank toesluit. En op die sewende dag moet die priester die skurfte bekyk, en kyk, as die skurfte nie in die vel versprei is nie en nie dieper as die vel in sig is nie; dan moet die priester hom rein verklaar; en hy moet sy klere was en rein wees. Maar as die skurfte ná sy reiniging baie in die vel versprei het; Dan moet die priester hom bekyk, en kyk, as die skurfte in die vel versprei is, mag die priester nie geel hare soek nie; hy is onrein. Maar as die skurfte in sy oë is tydens 'n verblyf, en daar is swart hare daarin gegroei; die skurfte is genees, hy is rein; en die priester moet hom rein verklaar. As 'n man of 'n vrou ook helder kolle in die vel van hulle vlees het, selfs wit helder kolle; Dan moet die priester kyk, en kyk, of die blink kolle in die vel van hulle vlees donkerwit is; dit is 'n sproetvlek wat in die vel groei; hy is skoon. En die man wie se hare van sy hoof afgeval het, hy is kaal; tog is hy skoon. En hy by wie sy hare afgeval het van die deel van sy hoof na sy gesig, hy is kaal, maar hy is rein. En as daar in die kaalkop of kaalkop 'n wit rooierige sweer is; dit is 'n melaatsheid wat in sy kaalkop, of sy kaalkop, opgekom het. Dan moet die priester dit bekyk, en kyk, as die opkoms van die sweer wit rooierig is op sy bles of op sy bles, soos die melaatsheid in die vel van die vlees verskyn; Hy is 'n melaatse man, hy is onrein; die priester moet hom heeltemal onrein verklaar; sy plaag is in sy kop. En die melaatse op wie die plaag is, sy klere moet skeur en sy hoof bloot, en hy moet 'n bedekking op sy bolip sit en roep: Onrein, onrein. Al die dae waarin die plaag in hom is, sal hy verontreinig word; hy is onrein; hy sal alleen woon; buitekant die laer sal sy woning wees. Ook die kleed waarin die plaag van melaatsheid is, of dit 'n wolkleed of 'n linnekleed is; Of dit nou in die skeerdraad of inslag is; van linne of van wol; hetsy in 'n vel, of in enige ding wat van vel gemaak is; En as die plaag groenerig of rooierig is in die kleed of in die vel, of in die skeerdraad of in die inslag of in enige stof; dit is 'n plaag van melaatsheid en moet aan die priester bekend gemaak word. En die priester moet die plaag bekyk en dit wat die plaag het, sewe dae lank toesluit. En hy moet die plaag op die sewende dag aanskou: as die plaag versprei is in die kleed, of in die skeerdraad of in die inslag of in 'n vel of in enige werk wat van vel gemaak is; die plaag is 'n kwellende melaatsheid; dit is onrein. Daarom moet hy daardie kleed verbrand, hetsy skeerdraad of inslag, van wol of in linne of enigiets van vel, waarin die plaag is, want dit is 'n kwellende melaatsheid; dit moet met vuur verbrand word. En as die priester kyk en kyk dat die plaag nie in die kleed versprei is nie, of in die skeerdraad of in die inslag of in enige stof nie; Dan moet die priester bevel gee dat hulle die ding was waarin die plaag is, en hy moet dit nog sewe dae lank toesluit. En die priester moet die plaag bekyk nadat dit gewas is, en kyk, as die plaag nie van kleur verander het en die plaag nie versprei het nie; dit is onrein; jy moet dit met vuur verbrand; dit is binnekant, of dit kaal is van binne of buite. En as die priester kyk, en kyk, die plaag is ietwat donker ná die wassing daarvan; dan moet hy dit skeur uit die kleed of uit die vel of uit die skeerdraad of uit die inslag. En as dit nog in die kleed verskyn, óf in die skeerdraad óf in die inslag of in enigiets van vel; dit is 'n verspreide plaag; jy moet dit waarin die plaag is, met vuur verbrand. En die kleed, óf skeerdraad óf inslag, of enigiets van die vel wat jy moet was, as die plaag daarvan afgewyk word, dan moet dit die tweede keer gewas word en rein wees. Dit is die wet van die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne, of in die skeerdraad of inslag of enigiets van velle, om dit rein te verklaar of om dit onrein te verklaar.

LEVITIKUS 13:29-59 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“As enigiemand, of dit nou ’n man of vrou is, ’n seerplek aan die kop of ken het, moet die priester die ontsteking ondersoek. As dit lyk na iets meer as net veldiep, en fyn, geel hare word op die aangetaste deel gevind, moet die priester so ’n persoon onrein verklaar. Die ontsteking is ’n aansteeklike velsiekte van die kop of ken. As die priester se ondersoek egter wys dat die ontsteking net veldiep is sonder enige swart hare op die aangetaste deel, moet so ’n persoon onder kwarantyn geplaas word vir sewe dae. As die aangetaste deel nie versprei het nie, daar nie geel hare verskyn het nie, en as die infeksie nie lyk na iets meer as net veldiep nie, moet die besmette persoon alle hare afskeer, behalwe die hare op die aangetaste gedeeltes. Die priester moet dan die persoon vir nog sewe dae onder kwarantyn plaas. Hy moet dan die infeksie weer op die sewende dag ondersoek. As dit nie versprei het nie en dit lyk nie na iets meer as net veldiep nie, moet die priester die persoon rein verklaar. Nadat sy klere gewas is, sal hy rein wees. As die infeksie begin versprei nadat die persoon rein verklaar is, moet die priester nog ’n ondersoek doen. As die infeksie versprei het, moet hy die persoon onrein verklaar, selfs sonder om te kyk of daar geel hare is. As dit lyk of die infeksie nie meer versprei nie en swart hare begin groei op die aangetaste deel, het die infeksie gesond geword. Die priester sal dan die besmette persoon rein verklaar. “As enigiemand, ’n man of vrou, wit vlekke op die vel het, moet die priester die aangetaste deel ondersoek. As die plek net bleek-wit lyk, is dit ’n skadelose veluitslag en is die persoon rein. “As ’n man sy hare verloor en hy word bles, is hy nog steeds rein. As hy sy hare op sy voorkop verloor, het hy net ’n bles voorkop, maar is hy steeds rein. As daar egter ’n rooi-wit ontsteking op die voor- of agterkop ontstaan, is dit ’n aansteeklike velsiekte. Die priester moet hom ondersoek en as hy ’n swelsel ontdek rondom die rooi-wit seer, het die man ’n aansteeklike velsiekte en is hy onrein. Die priester moet hom dan as gevolg van die ontsteking onrein verklaar. “Mense wat aan enige aansteeklike velsiekte ly, moet hulle klere skeur en hulle hare laat los hang. Soos wat hulle van plek tot plek gaan, moet hulle hulle monde bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ So lank as wat die siekte aanhou, is hulle onrein en moet hulle buite die kamp in afsondering leef.” “As ’n skimmel op ’n kledingstuk verskyn, of op wol- of linnemateriaal, of op die vel van ’n dier of enigiets wat van leer gemaak is, en die skimmel het ’n groenerige en rooierige kleur aan die klere, of die dierevel, of die materiaal of die leer, is dit besmet met ’n aansteeklike soort skimmel. Dit moet na die priester toe geneem word om ondersoek te word. Ná die ondersoek van die priester moet hy dit vir sewe dae lank eenkant wegbêre. Op die sewende dag moet die priester dit weer ondersoek. As die besmette deel verder versprei het, is die materiaal duidelik besmet met ’n aansteeklike skimmel en is dit onrein. Die priester moet die linne of wolklere of die stuk leer verbrand, want dit is besmet met ’n aansteeklike skimmel. Dit moet heeltemal verbrand word. “As die priester dit egter weer ondersoek en die besmette deel het nie versprei in die klere, die materiaal of die leer nie, sal die priester aanbeveel dat dit gewas moet word en vir nog sewe dae eenkant gehou moet word. Dan moet die priester dit weer ondersoek. As hy sien dat die besmette deel nie verander het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit nie verander nie, is dit nog onrein. Dit moet heeltemal verbrand word of dit nou aan die binne- of aan die buitekant besmet is. As die priester sien dat die besmette deel ná die was verbleik het, moet hy die kol van die klere, die materiaal of die leer uitsny. As die kol weer na ’n ruk verskyn, is die skimmel duidelik aan die versprei en moet die besmette artikel verbrand word. As die kol verdwyn nadat dit gewas is, moet dit weer gewas word en dan sal dit rein wees. “Dit is die instruksie wat geld vir wol- of linneklere of materiaal of iets wat met leer gemaak is en wat met aansteeklike skimmel besmet is. Dit is hoe die priester sal bepaal of hierdie dinge rein of onrein is.”