LEVITIKUS 19:17
LEVITIKUS 19:17 Die Boodskap (DB)
Moenie met ’n wrok in jou hart teen ’n ander rondloop nie. Praat die saak met hom uit sodat jy nie oor hom begin verkeerd doen nie.
LEVITIKUS 19:17 Bybel vir almal (ABA)
“Jy mag nie 'n ander mens haat nie, jy moenie nét aanhou sê iemand is skuldig nie, jy moet ook vir hom sê wát hy verkeerd doen.
LEVITIKUS 19:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
LEVITIKUS 19:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie.
LEVITIKUS 19:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Jy mag nie jou broer in jou hart haat nie. Wys jou volksgenoot openhartig tereg. Jy mag nie 'n misstap teen hom bly hou nie.