LEVITIKUS 19:28
LEVITIKUS 19:27-28 Die Boodskap (DB)
Julle moet ook nie die hare teen julle slape en die kant van julle baard afskeer en merke in julleself kerf of tatoeëermerke op julle lyf maak soos die heidene wanneer hulle oor die dooies rou nie. Ek is die Here.
LEVITIKUS 19:28 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag ook nie julle liggame sny of prente op julle vel teken nie. Ek is die Here.
LEVITIKUS 19:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
LEVITIKUS 19:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle mag nie heidense rougebruike navolg deur die hare voor die ore en die wangbaard te knip of deur snye en tatoeëermerke op julle liggame te maak nie. Ek is die Here.
LEVITIKUS 19:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle mag nie snye op julle liggame maak vir 'n afgestorwene nie, en julle mag julle nie tatoeëer nie. Ek is die HERE.