LEVITIKUS 26:42 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
LEVITIKUS 26:42 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wanneer hulle dit doen, sal Ek die beloftes wat Ek aan Jakob, aan Isak en aan Abraham gegee het, weer van krag maak. Ek sal my beloftes oor die land weer van krag maak.
LEVITIKUS 26:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
LEVITIKUS 26:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dan sal Ek my verbond met Jakob, Isak en Abraham onthou. Ek sal ook die land onthou.
LEVITIKUS 26:42 DB (Die Boodskap)
As julle dit sou doen, kon Ek weer my verbintenis aan Jakob, Isak en Abraham in gedagte roep en weer van die land onthou.
LEVITIKUS 26:42 ABA (Bybel vir almal)
Dan sal Ek onthou dat Ek 'n verbond gemaak het met Jakob, Isak en Abraham, en met die land.
LEVITIKUS 26:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
sal Ek my verbond met Jakob onthou; ook my verbond met Isak en my verbond met Abraham sal Ek onthou, en aan die land sal Ek dink.
LEVITIKUS 26:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal Ek dink aan my verbond met Jakob, en ook aan my verbond met Isak, en ook aan my verbond met Abraham; en Ek sal aan die land dink.