LEVITIKUS 26:9
LEVITIKUS 26:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
LEVITIKUS 26:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal na julle omsien, julle vrugbaar maak en julle laat vermeerder. Ek sal my verbond met julle gestand doen.
LEVITIKUS 26:9 Die Boodskap (DB)
Ek sal goed wees vir julle. Ek sal maak dat julle baie mense word. So sal Ek my ooreenkoms met julle nakom.
LEVITIKUS 26:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek sal julle my guns bewys, Ek sal julle baie laat word en Ek sal my verbond met julle nakom.
LEVITIKUS 26:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir julle sorg en Ek sal julle vrugbaar maak sodat julle baie sal word. Ek sal my verbond met julle hou en doen wat Ek belowe het.