LUKAS 3:4-6
LUKAS 3:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word; die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word. En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.”
LUKAS 3:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Johannes het gedoen soos die profeet Jesaja in sy boek geskryf het: Iemand skree in die woestyn. Hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here. Julle moet sy paaie reguit maak. Elke kloof in die berg sal toegaan, en elke berg en heuwel sal plat wees. Die krom paaie sal reguit wees en die ongelyk paaie sal gelyk wees. Almal sal dan sien dat God die mense red.
LUKAS 3:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit. Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë. En alle vlees sal die heil van God sien.
LUKAS 3:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
soos daar geskryf staan in die •boekrol met die woorde van die profeet Jesaja: “'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie reguit! Elke kloof sal opgevul en elke berg en heuwel sal platgemaak word. Maak die krom paaie reguit, en die hobbelrige paaie gelyk! Dan sal alle mense sien hoe God verlossing bring.’ ”
LUKAS 3:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos geskrywe is in die boek van die woorde van die profeet Jesaja, wat sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie gelyk. Elke dal sal gevul word, en elke berg en heuwel sal laag gemaak word; en die krom paaie sal reguit gemaak word en die ruwe paaie glad gemaak word; En alle vlees sal die verlossing van God sien.
LUKAS 3:4-6 Die Boodskap (DB)
Johannes het presies gedoen wat die profeet Jesaja geskryf het: “Iemand roep hard in die woestyn: ‘Die Here is op pad! Sorg dat die pad waarop Hy moet loop gelyk en reguit is. Vul elke slaggat in die pad op. Kry elke bult en opdraande uit sy pad uit. Verwyder al die ompaaie. Sorg dat al die grondpaaie geteer is. Dan sal almal God se verlossing kan sien.’”
LUKAS 3:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het: “Hy is ’n stem wat uitroep in die woestyn: ‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg. Vul die valleie op, en maak die berge en heuwels gelyk! Maak die krom paaie reguit, en maak die ruwe plekke gelyk! En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.’”