LUKAS 6:47-48
LUKAS 6:47-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam. Dis soos ’n man wat ’n huis bou op ’n sterk fondament wat op ’n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwater styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou.
LUKAS 6:47-48 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir julle verduidelik hoe is iemand wat na My toe kom en hoor wat Ek sê en wat dit doen. Hy is soos 'n man wat 'n huis gebou het, en hy het die fondament van die huis diep in die grond gegrawe, tot op die rots. Toe kom daar 'n watervloed. Die rivier het vol water geword en die water het tot teen die huis gekom. Maar die rivier kon nie die huis wegspoel nie, want die man het die fondament goed gebou.
LUKAS 6:47-48 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
LUKAS 6:47-48 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.
LUKAS 6:47-48 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos 'n man wat besig was om 'n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was.
LUKAS 6:47-48 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen, Ek sal jou wys met wie hy gelyk is. Hy is soos 'n man wat 'n huis gebou en diep gegrawe en die fondament op 'n rots gelê het; en toe die vloed opkom, het die stroom hewig teen daardie huis geslaan en dit nie kon skud nie, want dit was op 'n rots gegrond.
LUKAS 6:47-48 Die Boodskap (DB)
“Mense wat luister na wat Ek sê en dit doen, is verstandig. Hulle is soos ’n man wat op ’n dag ’n huis begin bou het. Hierdie man het sy huis se fondament baie diep uitgegrawe tot in die rots. Sy huis was skaars klaar toe breek daar ’n groot storm los. Dit het net gereën en gereën. Kort voor lank het ’n massa vloedwater teen sy huis opgedam, maar dit het geen skade aan sy huis aangerig nie. Die huis se fondament was daarvoor veels te sterk. Dit was op rots gebou. So is mense wat doen wat Ek sê.