MATTEUS 16:16-17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 16:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)
Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.
MATTEUS 16:16-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
MATTEUS 16:16-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie.
MATTEUS 16:16-17 DB (Die Boodskap)
Simon Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die lewende God.” Daarop sê Jesus: “Jy is baie gelukkig, Simon seun van Jona! Want jy het dit nie by ander mense gehoor nie. Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekendgemaak.
MATTEUS 16:16-17 ABA (Bybel vir almal)
Simon Petrus het Hom geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die God wat lewe.” Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Simon seun van Jona, God sal jou seën. Dit is nie 'n mens wat vir jou gehelp het om dit te weet nie, maar my Vader wat in die hemel is.
MATTEUS 16:16-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Simon Petrus het geantwoord: “U is die •Christus, die •Seun van die lewende God.” Jesus antwoord hom: “Gelukkig is jy, Simon Barjona, want vlees en bloed het dit nie aan jou bekend gemaak nie, maar my Vader in die hemele.
MATTEUS 16:16-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. En Jesus antwoord en sê vir hom: Geseënd is jy, Simon Barjona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.