MATTEUS 18:21-22 - Compare All Versions
MATTEUS 18:21-22 ABA (Bybel vir almal)
Toe het Petrus na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Here, hoeveel maal moet ek 'n ander gelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my? Moet ek hom baie maal vergewe, tot sewe maal?” Jesus sê toe vir Petrus: “Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal.
MATTEUS 18:21-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
MATTEUS 18:21-22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.
MATTEUS 18:21-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het •Petrus nader gekom en Hom gevra: “Here, hoeveel keer sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe keer toe?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer nie, maar tot sewentig maal sewe keer.
MATTEUS 18:21-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe kom Petrus na hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? tot sewe keer? Jesus sê vir hom: Ek sê vir jou nie: Tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe maal.
MATTEUS 18:21-22 DB (Die Boodskap)
Petrus vra toe vir Jesus: “Here, sê my, hoeveel keer moet ek iemand vergewe wat verkeerd teenoor my opgetree het? Tot sewe maal?” “Nee, nie net sewe keer nie,” het Jesus geantwoord. “Sewentig maal sewe keer. Moenie tel hoeveel keer jy ander mense vergewe nie. Vergifnis hou net aan en aan.”
MATTEUS 18:21-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarop kom vra Petrus Hom: “Here, hoeveel maal moet ek ’n medegelowige vergewe wat iets verkeerds teen my gedoen het? Selfs tot sewe maal toe?” “Nee,” verseker Jesus hom, “nie tot sewe maal toe nie, maar tot 70 maal sewe toe!