MATTEUS 21:32
MATTEUS 21:32 Bybel vir almal (ABA)
Want Johannes die Doper het gekom om vir julle te wys hoe God wil hê julle moet lewe, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en die prostitute het hom geglo. En toe julle dit sien, was julle nie later jammer nie, julle het nie vir Johannes geglo nie.”
MATTEUS 21:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.
MATTEUS 21:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Johannes het gekom om julle die regte pad te wys, en julle het hom nie geglo nie, maar tollenaars en prostitute het hom geglo. Maar selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en hom geglo nie.”
MATTEUS 21:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want Johannes het na julle gekom met die pad van •geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en prostitute het hom geglo. En hoewel julle dit gesien het, het julle tog nie later berou gekry en hom geglo nie. ”
MATTEUS 21:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Johannes het na julle gekom op die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en die hoere het hom geglo; en julle, toe julle dit gesien het, het julle later nie bekeer om hom te glo nie.
MATTEUS 21:32 Die Boodskap (DB)
Johannes het julle die pad kom wys wat God wil hê julle moet loop, maar julle het julle natuurlik nie aan hom gesteur nie. Die prostitute en die tollenaars het egter aan sy lippe gehang en God se pad begin loop. Julle het die neus vir hulle opgetrek, en wat is die gevolg? Julle is nog steeds op die verkeerde pad!”
MATTEUS 21:32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want Johannes het na julle toe gekom en vir julle die regte pad aangewys, maar julle het sy prediking nie aanvaar nie. Die tollenaars en die prostitute het dit egter aanvaar. En selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en Johannes geglo nie.”