MATTEUS 21:9
MATTEUS 21:9 Bybel vir almal (ABA)
Die groot klomp mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “Prys die Seun van Dawid! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen! Prys God in die hoogste hemel.”
MATTEUS 21:9 Die Boodskap (DB)
Hulle het Hom soos ’n koning verwelkom en hard uitgeroep: “Hoera vir die Seun van Dawid! Prys Hom wat op gesag van die Here self kom. Laat die hemel van ons vrolike hoera’s weergalm!”
MATTEUS 21:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!
MATTEUS 21:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!”
MATTEUS 21:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die skare wat voor Hom uit geloop en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna vir die •Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste!”