MATTEUS 9:9
MATTEUS 9:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!” Hy het toe opgestaan en Hom gevolg.
MATTEUS 9:9 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het verder geloop. Hy sien toe 'n man by 'n tolhek sit. Die man se naam was Matteus. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!” Matteus het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan.
MATTEUS 9:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
MATTEUS 9:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus van daar af verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg.
MATTEUS 9:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus daarvandaan weggaan, sien Hy 'n man met die naam van Matteus by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en hom gevolg.
MATTEUS 9:9 Die Boodskap (DB)
Van daar af stap Jesus toe verder tot by ’n tolhuis. Dit is die plek waar reisigers se bagasie deur belastinggaarders (hulle is tollenaars genoem) deursoek is. Dan moes hulle op sekere goed belasting betaal. Hierdie mense was baie ongewild onder die Jode. Om die waarheid te sê, die Jode wou nie eens met hulle meng of selfs met hulle gesels nie. Matteus was so ’n tollenaar. Toe Jesus Matteus in die tolhuis sien sit, sê Hy vir hom: “Los al hierdie goed waarmee jy jou so besig hou en kom saam met My!” Matteus het nie een oomblik op hom laat wag nie. Hy het alles net so gelos en saam met Jesus verder gestap.