MIGA 4:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MIGA 4:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.

MIGA 4:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.

MIGA 4:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar hulle weet nie hoe die HERE dink nie en verstaan nie sy planne nie. Hy gaan hulle bymekaarmaak soos gerwe op die dorsvloer.

MIGA 4:12 DB (Die Boodskap)

Maar hulle verstaan nie hoe die Here dink of wat sy planne is nie. Hy is van plan om vir hulle die lewe baie moeilik te maak en hulle swaar te straf.

MIGA 4:12 ABA (Bybel vir almal)

Maar hulle weet nie wat die Here met hulle wil doen nie, hulle verstaan nie die Here se planne nie. Die Here het die volke bymekaargebring soos 'n boer koring-gerwe bymekaarbring op die dorsvloer.

MIGA 4:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Húlle weet egter nie wat die HERE beplan nie en hulle verstaan nie sy besluite nie, dat Hy hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargemaak het.

MIGA 4:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hulle ken die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy raad nie, want Hy sal hulle bymekaarmaak soos die gerwe op die vloer.