NEHEMIA 11:1-36
NEHEMIA 11:1-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die leiers van die volk het hulle in Jerusalem gevestig, en die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien gesinne te bring, sodat dié in Jerusalem, die heilige stad, kon woon, en die nege ander in die dorpe. Die volk het al die mense wat gewillig was om in Jerusalem te woon, seën toegewens. Hier volg die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die dorpe van Juda het Israel, die priesters, die Leviete, die tempeldienaars en die nageslag van Salomo se dienaars, in hulle eie dorpe gewoon, elkeen op sy eiendom, en in Jerusalem het sommige uit die nageslag van Juda en Benjamin gewoon. Uit die nageslag van Juda was dit: Ataja, seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres; Maäseja, seun van Barug, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni. Al die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was 468 bekwame manne. Dit was die nageslag van Benjamin: Sallu, seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja, en sy stamgenote Gabbai en Sallai. Dit was 928 mense. Joël, seun van Sigri, was hoofleier oor hulle, en Juda, seun van Senua, was tweede in bevel oor die stad. Van die priesters was daar: Jedaja, seun van Jojarib; Jagin; Seraja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die leier oor die huis van God, en hulle stamgenote wat die werk gedoen het by die •tempel – 822; Adaja, seun van Jerogam, seun van Pelalja, seun van Amsi, seun van Sagaria, seun van Pasgur, seun van Malkija, en sy stamgenote, die familiehoofde – 242; Amassai, seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer, en hulle stamgenote, dapper krygers – 128. Sabdiël, seun van Haggedolim, was 'n hoofleier oor hulle. Van die Leviete was daar: Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni; Sabbetai en Josabad, van die hoofde van die Leviete, wat toesig gehou het oor die werk buite die huis van God; Mattanja, seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, die voorsanger wat die lofsang by die gebed moes aanhef; Bakbukja, die tweede in bevel onder sy ampsgenote; Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedoetoen. Die Leviete in die heilige stad was altesaam 284. Die poortwagte was: Akkub en Talmon en hulle ampsgenote wat in die poorte wag gehou het – 172. Dan was daar die res van Israel, die priesters, die Leviete, in al die dorpe van Juda, elkeen op sy erfdeel. Die tempeldienaars het gewoon op die Ofel. Siga en Gispa was in bevel van die tempeldienaars. Die hoofleier van die Leviete in Jerusalem was Ussi, seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wat tydens die dienswerk in die huis van God moes sing. Daar was immers 'n koninklike bevel in verband met hulle, 'n vaste reëling oor die sangers se daaglikse optrede. Petagja, seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag, die seun van Juda, het die koning bygestaan in enigiets wat op die volk betrekking gehad het. Wat die gehuggies met hulle landerye betref: Van die nageslag van Juda het in Kirjat-Arba en sy omliggende dorpies, in Dibon en sy omliggende dorpies en in Kabseël en sy gehuggies gewoon; ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet, in Gasar-Sual en Berseba met sy omliggende dorpies, in Siklag en Megona met sy omliggende dorpies, in En-Rimmon, Sora en Jarmut, in Sanoag, Adullam en hulle gehuggies, in Lagis met sy landerye en in Aseka en sy omliggende dorpies. Hulle het hulle in die gebied vanaf Berseba tot by die Hinnomdal gevestig. Die nageslag van Benjamin het hulle gevestig vanaf Geba, in Migmas, Aja en Bet-El met sy omliggende dorpies, in Anatot, Nob, Ananeja, Gasor, Rama, Gittajim, Gadid, Seboïm, Neballat, Lod en Ono by Ghe-Hagarasjim. Van die afdelings van die Leviete uit Juda het in Benjamin gewoon.
NEHEMIA 11:1-36 Die Boodskap (DB)
In hierdie stadium was dit nog net die leiers van die volk wat in die heilige stad, Jerusalem, gebly het. ’n Tiende van die mense van die omringende dorpe is deur die lot aangewys om ook daar te kom bly. Die res van die mense het in die dorpe aangebly om daar met die boerderywerksaamhede voort te gaan. Daar was mense wat bereid was om uit hulle eie in Jerusalem te gaan bly; hiervoor het die ander mense baie groot waardering gehad. Hier volg nou ’n lys van die name van die hoofde van provinsies wat in Jerusalem gaan woon het. Die meeste van die mense, die priesters, die Leviete, die tempelwerkers en die nageslag van Salomo se amptenare het in hulle eie huise op hulle eie grond in hulle eie stad bly woon. Sommige van die mense uit Juda en Benjamin het hulle in Jerusalem gaan hervestig. Uit die stam van Juda was dit: Ataja die seun van Ussia, die seun van Sagaria, die seun van Amarja, die seun van Sefatja, die seun van Mahalalel, almal uit die nageslag van Peres; Maäseja die seun van Baruk, die seun van Kol-Gose, die seun van Gasaja, die seun van Adaja, die seun van Jojarib, die seun van Sagaria, die seun van Siloni. Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal uitstaande mense. Uit die stam van Benjamin was dit: Sallu die seun van Mesullam, die seun van Joëd, die seun van Pedaja, die seun van Kolaja, die seun van Maäseja, die seun van Itiël, die seun van Jesaja, asook Gabbai en Sallai. Daar het altesaam 928 Benjaminiete in Jerusalem gebly. Joël die seun van Sikri was hulle leier, en Juda die seun van Senua was tweede in bevel oor die stad. Die priesters was: Jedaja die seun van Jojarib, en Jakin; Seraja die seun van Gilkija, die seun van Mesullam, die seun van Sadok, die seun van Merajot, die seun van Agitub, was die hoof van die tempel. Hulle ampsgenote, wat die dienswerk in die tempel gedoen het, was 822. Verder was daar Adaja die seun van Jerogam, die seun van Pelalja, die seun van Amsi, die seun van Sagaria, die seun van Pasgur, die seun van Malkija. Altesaam 242 lede van hierdie familie was leiers. Daar was ook Amassai die seun van Asarel, die seun van Agsai, die seun van Mesillemot, die seun van Immer. Daar was 128 lede van hierdie familie wat uitstaande soldate was. Hulle bevelvoerder was Sabdiël die seun van Gedolim. Die Leviete was: Semaja die seun van Gassub, die seun van Asrikam, die seun van Gasabja, die seun van Bunni; Sabbetai en Josabad was prominente figure onder die Leviete en hulle was verantwoordelik vir die werk buite die tempel; Mattanja die seun van Miga, die kleinseun van Sabdi, ’n afstammeling van Asaf, was die koorleier. Hy het hulle in die gebed van danksegging gelei. Bakbukja was Mattanja se assistent. Daar was ook Abda die seun van Sammua, die seun van Galal, die seun van Jedutun. Daar was altesaam 284 Leviete in Jerusalem, die stad wat aan God gewy is. Die hekwagte: Akkub, Talmon en hulle assistente wat by die hekke waggehou het, was altesaam 172. Die res van Israel en die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda op hulle familiegrond gebly. Die tempelwerkers het op die Ofelheuwel gebly. Hulle het onder die toesig van Siga en Gispa gewerk. Die leier van die Leviete in Jerusalem was Ussi die seun van Bani, die seun van Gasabja, die seun van Mattanja, die seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wie se familie verantwoordelik was vir die musiek tydens die tempeldienste. Daar was sekere koninklike reëls wat bepaal het wat hulle daagliks moes doen. Petagja die seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag die seun van Juda, het die volk in die Persiese hof verteenwoordig. Baie mense het in dorpe naby hulle plase gebly. Dié uit die stam van Juda het in Kirjat-Arba, Dimona en in Kabseël en in van die ander kleiner nedersettings in hulle omgewing gebly. Ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet, in Gasar-Sual, en ook in Berseba en die nedersettings in daardie omgewing. Ook in Siklag en in Mekona met hulle omringende dorpies en in En-Rimmon, Sora en Jarmut. Hulle het ook in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle gebly. Hulle het in Lakis en op die plase daar naby gebly, asook in Aseka met sy omringende dorpies. Hulle het dus in die gebied gebly wat strek van Berseba in die suide tot by die vallei van Hinnom in die noorde. Die stam van Benjamin het in Geba, Mikmas, Aja en Bet-El met sy nedersettings gebly. Verder ook in Anatot, Nob, Ananeja, Gasor, Rama, Gittajim, Gadid, Seboïm, Neballat, Lod, Ono en Vakmansdal. Sommige van die Leviete in Juda is gestuur om by die stam van Benjamin te gaan bly.
NEHEMIA 11:1-36 Bybel vir almal (ABA)
Die leiers van die mense het in Jerusalem gewoon. Die ander mense het lootjies getrek om te sien wie in Jerusalem moet woon. Een uit elke tien mense moes in Jerusalem woon, die ander mense het in die ander stede gewoon. Die mense het almal geprys wat self besluit het om in Jerusalem te woon. Hier is die name van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. In die ander stede van Juda het elkeen op sy eie plek gewoon: die Israeliete, die priesters, die Leviete, die tempel-slawe en die nageslag van die slawe van Salomo. Party mense van die stamme Juda en Benjamin het in Jerusalem gewoon. Van die Juda-stam was daar Ataja seun van Ussia seun van Sagaria seun van Amarja seun van Sefatja seun van Mahalalel. Hulle was van die nageslag van Peres. Van die nageslag van Sela was daar Maäseja seun van Baruk seun van Kol-Gose seun van Gasaja seun van Adaja seun van Jojarib seun van Sagaria. Die manne van die nageslag van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was almal saam 468. Hulle was mense wat hulle eie grond gehad het. Van die Benjamin-stam was daar die familie van Sallu seun van Mesullam seun van Joëd seun van Pedaja seun van Kolaja seun van Maäseja seun van Itiël seun van Jesaja. Sallu se broers was Gabbai en Sallai. Daar was 928 mense van die Benjamin-stam. Hulle hoof was Joël seun van Sikri. Juda seun van Senua het regeer oor die Tweede Stad. Van die priesters was daar Jedaja seun van Jojarib, Jakin en Seraja seun van Gilkija seun van Mesullam seun van Sadok seun van Merajot seun van Agitub. Agitub was die hoof-opsigter van die tempel. Daar was 822 priesters wat by die tempel gewerk het. Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pelalja seun van Amsai seun van Sagaria seun van Pasgur seun van Malkija en die ander priesters saam met hom. Hulle was 242 familiehoofde. Daar was ook Amassai seun van Asarel seun van Agsai seun van Mesillemot seun van Immer en die ander priesters saam met hom. Hulle was almal saam 128 en hulle was belangrike manne. Hulle hoof was Sabdiël seun van Gedolim. Van die Leviete was daar Semaja seun van Gassub seun van Asrikam seun van Gasabja seun van Bunni, en ook Sabbetai en Josabad, hoofde van die Leviete wat die werk buite die tempel gedoen het, en Mattanja, die leier van die koor wat die Here geprys het en vir Hom dankie gesê het. Mattanja was die seun van Miga seun van Sabdi seun van Asaf. Daar was ook Bakbukja, die tweede broer van Mattanja, en Abda seun van Sammua seun van Galal seun van Jedutun. Die Leviete in die gewyde stad was almal saam 284. Die poortwagte Akkub, Talmon en die ander Leviete wat die poorte opgepas het, was almal saam 172. Die ander Israeliete, en die ander priesters en Leviete was in die stede van Juda. Elkeen het op sy eie grond gewoon. Die tempel-slawe het op die Ofel gewoon. Hulle hoofde was Siga en Gisma. Die hoof van die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani seun van Gasabja seun van Mattanja seun van Miga. Hy was van die nageslag van Asaf. Asaf se nageslag was die mense wat moes sing terwyl die priesters die werk by die tempel gedoen het. Die koning van Persië het besluit dat hulle elke dag moet sing. Petagja was die koning van Persië se raadgewer oor dinge van die Israeliete. Petagja was die seun van Mesesabel van die nageslag van Serag seun van Juda. Party Judeërs het gewoon in plekke naby hulle grond. Hulle het gewoon in die stad Kirjat-Arba en die dorpe daar naby, in die stad Dibon en die dorpe daar naby, in die stad Kabseël en die woonplekke daar naby, in die stede Jesua, Molada, Bet-Pelet, en Gasar-Sual, in die stad Berseba en die dorpe daar naby, in die stad Siklag, die stad Mekona en die dorpe daar naby, in die stede En-Rimmon, Sora, Jarmut, Sanoag, Adullam en die woonplekke daar naby, in die stad Lakis en in die veld daar naby, in die stad Aseka en die dorpe daar naby. Hulle het gewoon van Berseba tot by die Hinnom-vallei. Die mense van die Benjamin-stam het gewoon in die stad Geba en verder, in die stede Mikmas en Aja, in die stad Bet-El en die dorpe daar naby, in die stede Anatot, Nob, Ananeja, Gasor, Rama, Gittajim, Gadid, Seboïm, Neballat, Lod en Ono, en in Ambagsman-vallei. Party groepe van die Leviete in die land Juda het gaan woon in die land Benjamin.
NEHEMIA 11:1-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede. En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon. En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo. En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres; en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kol-Hosé, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet. Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vierhonderd-agt-en-sestig, krygsmanne. En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Ítiël, die seun van Jesaja; en ná hom Gábbai-Sállai, negehonderd-agt-en-twintig. En Joël, die seun van Sigri, was opsigter oor hulle; en Juda, die seun van Hassenúa, was tweede in rang oor die stad. Van die priesters: Jedája, die seun van Jójarib, Jagin, Serája, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors van die huis van God. En hulle broers wat die werk verrig het in die tempel, was agthonderd-twee-en-twintig; en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pelálja, die seun van Amsi, die seun van Sagaría, die seun van Pasgur, die seun van Malkía, en sy broers, familiehoofde, was tweehonderd-twee-en-veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Ágsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer, en hulle broers, dapper helde, was honderd-agt-en-twintig, en opsigter oor hulle was Sábdiël, die seun van Haggedólim. En van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, die seun van Bunni, en Sábbetai en Jósabad, van die hoofde van die Leviete, was oor die buitewerk van die huis van God. En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die „Loof Hom” aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun. Al die Leviete in die heilige stad was tweehonderd-vier-en-tagtig. En die poortwagters: Akkub, Talmon, en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was honderd-twee-en-sewentig. En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel. En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes. En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God; want daar was 'n bevel van die koning aangaande hulle: 'n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag. En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk. En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe, en in Jésua en in Mólada en in Bet-Pelet en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke, en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke, en in en Rimmon en in Sórea en in Jarmut, Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom. En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke, Ánatot, Nob, Anánja, Hasor, Rama, Gittáim, Hadid, Sebóim, Nebállat, Lod en Ono, die Handwerkersdal. En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.
NEHEMIA 11:1-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die leiers van die volk het in Jerusalem gewoon. Die ander mense het geloot om een uit elke tien in Jerusalem, die heilige stad, te laat woon. Die ander kon in die ander stede woon. Die volk het egter al die manne geprys wat aangebied het om in Jerusalem te woon. Hier volg 'n lys van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. Israel, die priesters, die Leviete, die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie grond in sy eie stad. In Jerusalem het die volgende Judeërs en Benjaminiete gewoon: Judeërs: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres; Maäseja seun van Baruk, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni. Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal dapper manne. Nou volg die Benjaminiete: Sallu seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja, en dan ook Gabbai en Sallai. Die Benjaminiete was 928. Joël seun van Sikri het die bevel oor hulle gevoer, en Juda seun van Senua was in bevel oor die Nuwe Stad. Priesters: Jedaja seun van Jojarib, en Jakin; Seraja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, was hoof van die tempel. Hulle ampsgenote, wat die dienswerk in die tempel gedoen het, was 822. Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pelalja, seun van Amsi, seun van Sagaria, seun van Pasgur, seun van Malkija, met sy ampsgenote, 242 familiehoofde; en Amassai seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer, met sy ampsgenote, 128 dapper manne. Die bevelvoerder oor hulle was Sabdiël seun van Gedolim. Leviete: Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni; Sabbetai en Josabad was hoofde van die Leviete en belas met die toesig oor die werk buite die tempel; Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun. Al die Leviete in die heilige stad was 284. Poortwagte: Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte wag gehou het. Hulle was 172. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Hulle was onder die bevel van Siga en Gispa. Die gesagvoerder oor die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf wat die sangers was by die dienswerk in die tempel. Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die gevolmagtigde van die koning vir alle sake van die volk. Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom, in Jesua, in Molada, in Bet-Pelet, in Gasar-Sual, in Berseba en sy buiteposte, in Siklag, in Mekona en sy buiteposte, in En-Rimmon, in Sora, in Jarmut, in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle, in Lakis en sy boerderygebied en in Aseka en sy buiteposte. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal. Die Benjaminiete het gewoon in Geba, Mikmas, Aja, Bet-El en sy buiteposte, Anatot, Nob, Ananeja, Gasor, Rama, Gittajim, Gadid, Seboïm, Neballat, Lod, Ono en Vakmansdal. Afdelings Leviete het ook in Juda en Benjamin gewoon.
NEHEMIA 11:1-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon; die res van die volk het ook die lot gewerp om een uit tien te bring om in Jerusalem, die heilige stad, te woon, en nege dele om in ander stede te woon. En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon. En dit is die owerstes van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het: maar in die stede van Juda het elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon, naamlik Israel, die priesters en die Leviete en die Nethinims en die kinders van Salomo bediendes. En in Jerusalem het sommige van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon en van die kinders van Juda; Atája, die seun van Ussia, die seun van Sagaria, die seun van Amarja, die seun van Sefátja, die seun van Mahalalel, uit die kinders van Peres; en Maäseja, die seun van Barug, die seun van Kolhose, die seun van Hasaja, die seun van Adaja, die seun van Jojarib, die seun van Sagaria, die seun van Siloni. Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vier honderd agt en sestig dapper manne. En dit is die seuns van Benjamin; Sallu, die seun van Mesullam, die seun van Joed, die seun van Pedaja, die seun van Kolaja, die seun van Maäseja, die seun van Itiël, die seun van Jesaja. En ná hom Gabbai, Sallai, nege honderd agt en twintig. En Joël, die seun van Sigri, was hulle opsigter, en Juda, die seun van Senua, was tweede oor die stad. Van die priesters: Jedaja, die seun van Jojarib, Jagin. Seraja, die seun van Hilkía, die seun van Mesullam, die seun van Sadok, die seun van Merajot, die seun van Agitub, was die owerste van die huis van God. En hulle broers wat die werk van die huis gedoen het, was agthonderd twee en twintig; en Adaja, die seun van Jeróham, die seun van Pelalja, die seun van Amsi, die seun van Sagaria, die seun van Pashur, die seun van Malkía, En sy broers, familiehoofde, twee honderd twee en veertig; en Amasai, die seun van Asareel, die seun van Ahasai, die seun van Mesillemot, die seun van Immer, En hulle broers, dapper helde, honderd agt en twintig; en hulle opsiener was Sabdiël, die seun van een van die groot manne. Ook van die Leviete: Semaja, die seun van Hassub, die seun van Asrikam, die seun van Hasabja, die seun van Bunni; En Sabbetai en Josabad, van die owerstes van die Leviete, het toesig gehou oor die uiterlike werk van die huis van God. En Mattanja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, was die hoof om die danksegging in gebed te begin; en Bakbukja, die tweede onder sy broers, en Abda, die seun van Sammua, die seun van Galal, die seun van Jeduthun. Al die Leviete in die heilige stad was twee honderd vier en tagtig. Verder was die poortwagters, Akkub, Talmon en hulle broers wat die poorte bewaak het, honderd twee en sewentig. En die oorblyfsel van Israel, van die priesters en die Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel. Maar die tempelbediendes het in Ofel gewoon, en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes. En die opsiener van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasabja, die seun van Mattanja, die seun van Miga. Van die seuns van Asaf was die sangers oor die werk van die huis van God. Want dit was die koning se bevel aangaande hulle dat 'n sekere deel vir die sangers moes wees, vir elke dag. En Petája, die seun van Mesésabeel, van die kinders van Serag, die seun van Juda, was aan die koning se hand in alle sake aangaande die volk. En vir die dorpe met hulle landerye het van die kinders van Juda gewoon in Kirjat-Arba en in sy onderhorige plekke en in Dibon en in sy onderhorige plekke en in Jekabseël en in sy dorpe; en in Jesua en in Molada en in Bet-Felet, en in Hasarsual en in Berseba en in sy dorpe, en in Siklag en Mekona en in sy dorpe, en in Enrimmon en in Sareag en in Jarmut, Sanoag, Adullam en in hulle dorpe, in Lagis en sy velde, in Aséka en in sy dorpe. En hulle het gewoon van Berseba af tot by die dal Hinnom. Ook die kinders van Benjamin van Geba het in Migmas en Aija en Bet-el en in hulle dorpe gewoon, En in Anatot, Nob, Ananja, Hasor, Rama, Gittaim, Hadid, Seboim, Neballat, Lod en Ono, die vallei van vakmanne. En van die Leviete was afdelings in Juda en in Benjamin.
NEHEMIA 11:1-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In hierdie stadium het die leiers van die mense in Jerusalem gebly. ’n Tiende van die mense uit ander dorpe van Juda en Benjamin is deur die lot aangewys om ook daar te gaan bly. Die res van die mense moes bly waar hulle is. Sommige mense het vrywillig in Jerusalem gaan woon. Die mense het hulle net die beste toegewens. Hier volg nou ’n lys van die name van die leiers van die provinsies wat na Jerusalem toe gekom het. Die meeste van die mense, priesters, Leviete, tempelwerkers en van die nageslag van Salomo se dienaars, het in hulle eie huise in die verskillende dorpe van Juda bly woon. Sommige van die mense van Juda en Benjamin het egter in Jerusalem hervestig: Uit die Judastam was daar: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die familie van Peres. Maäseja seun van Baruk, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni. Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal dapper mans. Nou volg die Benjaminiete: Sallu seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja, en dan ook Gabbai en Sallai. Die Benjaminiete was 928. Joël seun van Sikri het die bevel oor hulle gevoer, en Juda seun van Senua was tweede in bevel oor die stad. Priesters: Jedaja seun van Jojarib, en Jakin; Seraja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, was hoof van die tempel. Hulle ampsgenote, wat die dienswerk in die tempel gedoen het, was 822. Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pelalja, seun van Amsi, seun van Sagaria, seun van Pasgur, seun van Malkija, met sy ampsgenote, 240 familiehoofde; en Amassai seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer, met sy ampsgenote, 128 dapper manne. Die bevelvoerder oor hulle was Sabdiël seun van Gedolim. Leviete: Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni; Sabbetai en Josabad was hoofde van die Leviete. Hulle moes toesig hou oor die werk buite die tempel. Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun. Al die Leviete in die heilige stad was 284. Die poortwagte was: Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte waggehou het. Hulle was 172. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die dorpe van Juda gewoon, elkeen op hulle familiegrond. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Siga en Gispa was hulle leiers. Ussi seun van Bani het toesig gehou oor die Leviete in Jerusalem. Hy was die seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit Asaf se familie wat as sangers by die tempel diens gedoen het. Daar het ’n koninklike opdrag bestaan wat aan die sangers voorgeskryf het hoe hulle daaglikse aktiwiteite moes geskied. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die verteenwoordiger van die koning vir alle sake van die volk. Sommige van die Judeërs in die landelike gebiede met hulle velde het in Kirjat-Arba en in die dorpies daar rondom gewoon. Dit was in Dibon en die omringende gebiede, in Kabseël en die dorpies daar naby, in Jesua, in Molada, in Bet-Pelet, in Gasar-Sual, in Berseba en die omringende dorpies. Verder ook in Siklag, in Mekona en omgewing, in En-Rimmon, in Sora, in Jarmut, in Sanoag en Adullam en die dorpies naby hulle, in Lakis en die omringende oop velde en in Aseka en die dorpies in die omgewing. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal. Die Benjaminiete het in Geba, Mikmas, Aja, Bet-El en nabygeleë dorpies gewoon. Verder ook in Anatot, Nob, Ananeja, Gasor, Rama, Gittajim, Gadid, Seboïm, Neballat, Lod, Ono en Vakmansdal. Sommige groepe Leviete uit Juda was toegewys om in Benjamin te gaan woon.