SPREUKE 15:24 - Compare All Versions

SPREUKE 15:24 ABA (Bybel vir almal)

'n Verstandige mens loop op die pad van die lewe, daardie pad gaan boontoe. 'n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie, daardie pad gaan ondertoe.

SPREUKE 15:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

SPREUKE 15:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder.

SPREUKE 15:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk.

SPREUKE 15:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die weg van die lewe is bo vir die wyse, dat hy kan weggaan uit die hel daaronder.

SPREUKE 15:24 DB (Die Boodskap)

’n Gelowige leefstyl bring baie geluk. Dit kan ons teen baie ellendes beskerm.

SPREUKE 15:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe. Dit stuur weg van die doderyk daar onder.