SPREUKE 24:17-18 - Compare All Versions
SPREUKE 24:17-18 ABA (Bybel vir almal)
Jy moenie bly wees wanneer jou vyand val nie, jy moenie juig wanneer hy sterf nie. Want die Here sal sien wat jy doen, en Hy sal nie daarvan hou nie, Hy sal dan ophou om kwaad te wees vir jou vyand.
SPREUKE 24:17-18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
SPREUKE 24:17-18 AFR83 (Afrikaans 1983)
Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.
SPREUKE 24:17-18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer jou vyand val, moet jou nie verheug nie; wanneer hy tot 'n val kom, laat jou hart nie jubel nie. Anders sien die HERE dit, en is dit verkeerd in sy oë; dalk wend Hy sy toorn van hom af.
SPREUKE 24:17-18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees nie bly as jou vyand val nie, en laat jou hart nie bly wees as hy struikel nie. Laat die HERE dit nie sien en dit nie in sy wil is nie, en Hy sy toorn van hom afwend.
SPREUKE 24:17-18 DB (Die Boodskap)
Moenie bly wees as dit met ander sleg gaan nie, al hou jy niks van hulle nie. As jy dit doen, stel jy die Here teleur. Op ’n goeie dag help Hy weer sulke mense.
SPREUKE 24:17-18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jy moenie bly wees as jou vyand val nie. Moenie jou daarin verheug dat hy gestruikel het nie. Die HERE sal sien wat jy doen en sal ontevrede wees. Hy sal jou vyand nie verder straf nie.