SPREUKE 26:14 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 26:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Deur bly op sy skarnier draai; 'n luiaard bly omdraai op sy bed.

SPREUKE 26:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

SPREUKE 26:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Luiaard draai om en om op sy bed, soos ’n deur heen en weer swaai op sy skarnier.

SPREUKE 26:14 DB (Die Boodskap)

Soos ’n deur aan ’n skarnier vas is, so is ’n lui mens aan sy bed vas. Soos ’n deur aan sy skarnier draai, so draai die lui mens om en om op sy bed.

SPREUKE 26:14 ABA (Bybel vir almal)

'n Deur draai altyd op sy skarnier, 'n lui mens hou aan om op sy bed om te draai.

SPREUKE 26:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Deur draai op sy skarnier en 'n luiaard op sy bed.

SPREUKE 26:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Soos die deur om sy skarniere draai, so draai die lui op sy bed.