SPREUKE 4:1-2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
SPREUKE 4:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is, want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
SPREUKE 4:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken; want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
SPREUKE 4:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat julle insig kan kry. Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie.
SPREUKE 4:1-2 DB (Die Boodskap)
Jong vriend, luister na ouer gelowiges met baie kennis van die lewe. Doen jou bes om die regte dinge te leer. Ek wil jou goeie raad vir die lewe gee, kennis wat jy nooit moet vergeet nie.
SPREUKE 4:1-2 ABA (Bybel vir almal)
Kinders, julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer, julle moet luister, sodat julle kan weet wat om te doen, want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer, julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.
SPREUKE 4:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Seuns, luister na die vermaning van 'n vader, en slaan ag daarop om insig te leer ken. Want dit is goeie onderrig wat ek julle gee; my onderwysing – moet dit nie verontagsaam nie.
SPREUKE 4:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor, kinders, die opdrag van 'n vader, en let op om insig te leer ken. Want Ek gee julle goeie leer, verlaat my wet nie.