PSALMS 112:1-2
PSALMS 112:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Sy nageslag is 'n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën
PSALMS 112:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys. Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê. Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land. Dit sal goed gaan met die nageslag van eerlike mense.
PSALMS 112:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HALLELUJA! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.
PSALMS 112:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Halleluja! Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE, wat groot vreugde vind in sy gebooie. Sy nageslag sal magtig wees in die land
PSALMS 112:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Prys die HERE. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, wat 'n groot behae het in sy gebooie. Sy nageslag sal magtig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.