PSALMS 138:7-8
PSALMS 138:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer dit sleg gaan met my, dan laat U my aanhou lewe. U steek u hand uit en U keer my vyande wat kwaad is vir my, U red my met u eie hand. Die Here doen alles vir my. Here, U doen altyd wat U belowe het. U het die mense met u eie hande gemaak, U moenie vir hulle alleen los nie.
PSALMS 138:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my. Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
PSALMS 138:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.
PSALMS 138:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my. Die HERE self tree vir my in. HERE, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie!
PSALMS 138:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al wandel ek te midde van benoudheid, U sal my lewend maak; U sal U hand uitstrek teen die toorn van my vyande, en U regterhand sal my red. Die HERE sal volmaak wat my aangaan: U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid; verlaat die werke van U eie hande nie.
PSALMS 138:7-8 Die Boodskap (DB)
Wanneer ek in die moeilikheid is, help U my. Mense kry my nie onder nie. U keer dat mense wat my wil seermaak, dit regkry. U red my uit hulle kloue. Die Here sal vir my sorg totdat ek die dag doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie.