PSALMS 23:2 - Compare All Versions

PSALMS 23:2 ABA (Bybel vir almal)

'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus.

PSALMS 23:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

PSALMS 23:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my.

PSALMS 23:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy laat my lê in groen weivelde; na waters wat stil is, lei Hy my.

PSALMS 23:2 DB (Die Boodskap)

Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede. Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie. Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien.

PSALMS 23:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my.