Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 25:4-5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 25:4-5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting.

PSALMS 25:4-5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.

PSALMS 25:4-5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

HERE, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.

PSALMS 25:4-5 DB (Die Boodskap)

Wees vir my soos ’n onderwyser. Gee my insig sodat ek weet wat U wil hê ek moet doen. Wys my watter pad is die regte pad. Leer my hoe U wil hê ek moet lewe. Laat my op die regte pad loop. U is die God wat my red. Op U vestig ek al my hoop.

PSALMS 25:4-5 ABA (Bybel vir almal)

Here, U moet vir my sê wat U wil hê ek moet doen, U moet vir my leer hoe ek moet lewe. Leer my om reg te lewe, soos U wil hê, want U is die God wat my red, ek glo altyd dat dit net U is wat my kan help.

PSALMS 25:4-5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

HERE, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë. Lei my deur u waarheid

PSALMS 25:4-5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wys my u weë, HERE; leer my u paaie. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil; op U wag ek die hele dag.