PSALMS 34:15-18
PSALMS 34:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
PSALMS 34:15-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vermy die kwaad, en doen die goeie; soek vrede, en jaag dit na. Die oë van die HERE is op die regverdiges, sy ore op hulle hulpgeroep. Die gesig van die HERE is gerig teen kwaaddoeners om hulle gedagtenis uit te roei van die aarde af. Regverdiges roep om hulp en die HERE luister, uit al hulle benoudhede red Hy hulle.
PSALMS 34:15-18 Die Boodskap (DB)
Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan ander. Lewe in vrede met mense. Die Here sorg vir almal wat doen wat Hy sê. Hy help hulle wat Hom om hulp vra. Maar die Here ignoreer mense wat kwaad doen. Hy gaan hulle laat verdwyn. Niemand sal ooit weer aan hulle dink nie. Die Here help dié wat Hom liefhet. As hulle Hom om hulp vra, red Hy hulle uit al hulle probleme. Hy hoor as hulle na Hom roep.
PSALMS 34:15-18 Bybel vir almal (ABA)
Hy moenie verkeerde dinge doen nie, hy moet goeie dinge doen, hy moet altyd probeer om vrede te maak. Die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help. Die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie, Hy sal hulle laat verdwyn, en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie. Wanneer die mense wat reg lewe, roep en vra dat die Here hulle moet help, dan luister die Here, en Hy red hulle van alles wat dit sleg laat gaan met hulle.
PSALMS 34:15-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na. Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
PSALMS 34:15-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle hulpgeroep. Die aangesig van die HERE is teen die wat kwaad doen, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Die regverdiges roep, en die HERE luister en verlos hulle uit al hulle benoudhede. Die HERE is naby die wat gebroke van hart is; en red die wat verslae van gees is.
PSALMS 34:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vermy die kwaad en doen wat goed is. Soek vrede en streef dit na. Die HERE waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp. Maar die HERE tree op teen hulle wat kwaad doen en verwyder die herinnering aan hulle op die aarde. Wanneer mense roep om hulp, hoor die HERE. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle.