PSALMS 34:17-20
PSALMS 34:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.
PSALMS 34:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die gesig van die HERE is gerig teen kwaaddoeners om hulle gedagtenis uit te roei van die aarde af. Regverdiges roep om hulp en die HERE luister, uit al hulle benoudhede red Hy hulle. Die HERE is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. 'n Regverdige ervaar baie teenspoed, maar uit dit alles red die HERE hom.
PSALMS 34:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die HERE tree op teen hulle wat kwaad doen en verwyder die herinnering aan hulle op die aarde. Wanneer mense roep om hulp, hoor die HERE. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die HERE is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die HERE hom.
PSALMS 34:17-20 Bybel vir almal (ABA)
Die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie, Hy sal hulle laat verdwyn, en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie. Wanneer die mense wat reg lewe, roep en vra dat die Here hulle moet help, dan luister die Here, en Hy red hulle van alles wat dit sleg laat gaan met hulle. Die Here is naby die mense wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie, Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het. Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge.
PSALMS 34:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
PSALMS 34:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die regverdiges roep, en die HERE luister en verlos hulle uit al hulle benoudhede. Die HERE is naby die wat gebroke van hart is; en red die wat verslae van gees is. Die ellende van die regverdige is baie, maar die HERE verlos hom uit almal. Hy bewaar al sy gebeente; nie een van hulle word gebreek nie.
PSALMS 34:17-20 Die Boodskap (DB)
Maar die Here ignoreer mense wat kwaad doen. Hy gaan hulle laat verdwyn. Niemand sal ooit weer aan hulle dink nie. Die Here help dié wat Hom liefhet. As hulle Hom om hulp vra, red Hy hulle uit al hulle probleme. Hy hoor as hulle na Hom roep. Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed. Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red.