PSALMS 34:4-5
PSALMS 34:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys. Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.
PSALMS 34:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet saam met my sing en sê die Here is groot, julle moet almal saam sy Naam prys. Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur, en Hy het my geantwoord. Ek was bang vir baie dinge, maar Hy het my van alles gered.
PSALMS 34:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef! Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
PSALMS 34:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maak saam met my die Naam van die HERE groot, ja, laat ons saam sy Naam verheerlik. Ek het die HERE geraadpleeg, en Hy het my geantwoord; van al my verskrikkinge het Hy my gered.
PSALMS 34:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het die HERE gesoek, en Hy het my verhoor en my van al my vrese gered. Hulle het na Hom gekyk en is verlig, en hulle gesigte was nie beskaamd nie.