PSALMS 34:9 - Compare All Versions

PSALMS 34:9 ABA (Bybel vir almal)

Julle moet self voel en sien dat die Here goed is. Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Here hom moet beskerm.

PSALMS 34:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

PSALMS 34:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

PSALMS 34:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Beproef dit en ervaar: Die HERE is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil.

PSALMS 34:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Vrees die HERE, sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

PSALMS 34:9 DB (Die Boodskap)

Julle moet self kom ervaar hoe goed die Here is. Jy is baie gelukkig as jy van die Here afhanklik is om jou op te pas.

PSALMS 34:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Beproef en sien dat die HERE goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!