PSALMS 40:11
PSALMS 40:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U geregtigheid het ek nie in my hart verberg nie, oor u trou en verlossing het ek gepraat. Ek het nie u troue liefde en waarheid vir 'n groot byeenkoms geheim gehou nie.
PSALMS 40:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer u barmhartighede nie van my af nie, o HERE; laat u goedertierenheid en u trou my gedurigdeur bewaar.
PSALMS 40:11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het nie stilgebly nie, ek het vertel dat U red, ek het gesê dat U doen wat U sê, U help. Ek het vir die groot volksvergadering gesê dat U doen wat U belowe het en altyd dieselfde is. Ek het nie stilgebly nie.
PSALMS 40:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
PSALMS 40:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie, ek het gepraat oor u trou en u hulp. Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie.