PSALMS 71:24 - Compare All Versions

PSALMS 71:24 ABA (Bybel vir almal)

Dan sal ek ook die hele dag aanhou sê dat U reg gedoen het aan my. Ja, die mense wat dit sleg wil laat gaan met my, het verloor, U het hulle verneder.

PSALMS 71:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.

PSALMS 71:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk, want dié wat my ondergang soek, staan teleurgestel in hulle verwagting; hulle beland self in die ellende.

PSALMS 71:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ook my tong sal die hele dag oor u geregtigheid prewel, omdat daardie mense beskaamd staan, omdat hulle wat my onheil soek, in die skande gekom het.

PSALMS 71:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

My tong sal ook die hele dag oor u geregtigheid praat, want hulle staan beskaamd, want hulle is beskaamd wat my onheil soek.

PSALMS 71:24 DB (Die Boodskap)

Ja, ek sal U elke dag prys, want U het gesorg dat my lewe veilig is. Hulle wat my kwaad wou aandoen, sal self gespot word. Hulle sal self in ellende beland.

PSALMS 71:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Heeldag vertel ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou aandoen, is nou self beskaam en verneder.