PSALMS 9:10-11
PSALMS 9:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here beskerm 'n mens wat homself nie kan beskerm nie, Hy beskerm die mense met wie dit sleg gaan. Die mense wat vir U ken, weet dat U sal doen wat U sê, want U los nie die mense wat naby U wil wees nie.
PSALMS 9:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
PSALMS 9:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.
PSALMS 9:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE sal 'n toevlugsoord wees vir die onderdrukte, 'n toevlugsoord in tye van nood. Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, HERE.
PSALMS 9:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die wat u Naam ken, sal op U vertrou, want U, HERE, het die wat U soek, nie verlaat nie. Sing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy handelinge.