DIE OPENBARING 20:14 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
DIE OPENBARING 20:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel.
DIE OPENBARING 20:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
DIE OPENBARING 20:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die dood en die doderyk is toe in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood – die poel van vuur.
DIE OPENBARING 20:14 DB (Die Boodskap)
Die dood en die doderyk self is in die see van vuurvlamme gegooi. Dit is die tweede dood: om in hierdie see van vlamme verskroei te word.
DIE OPENBARING 20:14 ABA (Bybel vir almal)
Toe het God die dood en die doderyk in die see van vuur gegooi. Dit is die tweede dood.
DIE OPENBARING 20:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe is die dood en die •Hades in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel.
DIE OPENBARING 20:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dood en die hel is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.