DIE OPENBARING 20:7-8
DIE OPENBARING 20:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die 1 000 jaar verby is, dan sal God die Satan laat uitkom uit die tronk waar die Satan was. Die Satan sal uitgaan om vir die mense van al die volke dinge te laat glo wat nie waar is nie. Hy sal die volke, die Gog en Magog, bymekaar laat kom by die vier hoeke van die aarde. Hulle sal so baie wees soos die sand van die see. Hy wil hê hulle moet oorlog maak teen God.
DIE OPENBARING 20:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer die duisend jaar verstryk het, sal Satan uit sy gevangenskap losgelaat word. Dan sal hy optrek om die nasies tussen die vier uithoeke van die aarde, die Gog en Magog, op 'n dwaalspoor te lei, en om hulle te mobiliseer vir die oorlog. Hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as die duisend jaar verby is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word, En hy sal uittrek om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog; hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:7-8 Die Boodskap (DB)
Wanneer die 1 000 jaar verby is, sal God Satan uit sy tronk laat kom. Satan sal skaars uit die tronk wees of hy sal al die mense, oor die hele wêreld, begin mislei. Hy sal hulle - dit is die Gog en die Magog - ompraat om saam te kom vir oorlog.
DIE OPENBARING 20:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word. Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer die 1 000 jaar om is, sal Satan uit sy tronk losgelaat word. Hy sal dan daarop uit wees om die nasies tussen die vier hoeke van die aarde, die Gog en Magog, te verlei en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Getallegewys is hulle so baie soos die sand van die see.