ROMEINE 10:11-13
ROMEINE 10:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
ROMEINE 10:11-13 Die Boodskap (DB)
Die Bybel sê immers: “Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.” Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra. Elkeen wat uitroep: “Here, help my!” sal gered word, maak nie saak wie hy is nie.
ROMEINE 10:11-13 Bybel vir almal (ABA)
Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf
ROMEINE 10:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
ROMEINE 10:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Dit maak inderdaad geen verskil of jy 'n Jood of 'n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”
ROMEINE 10:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. Want daar is geen verskil tussen die Jood en die Griek nie, want dieselfde Here is oor almal ryk vir almal wat Hom aanroep. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
ROMEINE 10:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”.