ROMEINE 13:1
ROMEINE 13:1 Die Boodskap (DB)
Wees ’n goeie landsburger. Gehoorsaam die owerhede wat oor jou aangestel is. Onthou: hulle ontvang hulle gesag van God af, van Hom wat oor al die mag beskik.
ROMEINE 13:1 Bybel vir almal (ABA)
Elke mens moet gehoorsaam wees aan die regering wat oor hom regeer, want God het elke regering gekies en aangestel. Elke regering kom van God.
ROMEINE 13:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel
ROMEINE 13:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.
ROMEINE 13:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat elke mens onderdanig wees aan die gesaghebbers wat oor hom gestel is, want daar is geen gesag wat nie van God afkomstig is nie; en dié wat daar wel is, is deur God ingestel.