ROMEINE 13:11
ROMEINE 13:11 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet die belangrike tyd is naby, die tyd wanneer Christus weer kom. Julle moet gereed wees, julle moenie wees soos mense wat slaap nie. Want die tyd wanneer Christus sal kom om ons te red, is nou nader as toe ons in Hom begin glo het.
ROMEINE 13:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
ROMEINE 13:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.
ROMEINE 13:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Boonop ken julle die bestemde tyd – dat die uur reeds daar is om uit die slaap wakker te word – ja, ons verlossing is nou nader as toe ons tot geloof gekom het.
ROMEINE 13:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit, omdat ons die tyd ken, dat dit nou hoog tyd is om uit die slaap wakker te word, want nou is ons verlossing nader as toe ons geglo het.